Hoe lank is te lank?

My insette oor aandagspan

Die geleerdes meen dat ‘n goeie aanduiding van aandagspan die kind se ouderdom in minute is.  Jou 3 jarige moet so om en by 3 minute kan konsentreer.  Dit word dan op ‘n glyskaal meer en meer.  Teen einde graad R moet jou kleinding so tussen 12 en 15 minute kan konsentreer.

Nou moet ons dit net mooi verduidelik eers.  Konsentreer beteken nie dat boeta of sussa op hulle stert stroopsoet moet sit en luister vir minute aaneen nie.  Juis nie!!! Dit beteken dat boet of sus vir ‘n tydjie moet kan fokus op ‘n werkie of takie wat hulle interesseer.

Mamma, dis die kern woord :  INTERESSEER. As jou kleinman heeldag goggas aandra gaan hy beslis ‘n hele boekie kan deurluister oor goggas.  As jou meisiekind mal is oor popspeel sal sy baie lank haar knip vaardighede kan oefen deur papierpoppe te maak.

 

Stap 1 is dus om jou kleinmens se belangstellingsveld te ontdek.  Hoe doen jy dit?  Kyk mamma!!! Kyk waarmee speel hy die langste, kyk watter boekie wil hy die meeste lees, kyk waaroor vra hy die meeste vrae.  KYK en LUISTER.  Soms moet mens fyn luister om die klein mensies se harte te hoor.  Maar dis beslis die moeite werd.  Spandeer tyd saam jou kleinmens, loop in die huis rond en laat hy/sy gesels waaroor hulle wil.

My 5 jarige sê gereeld vir my dat hy oor grootmensdinge wil gesels.  Dan het hy my en my man hoor praat oor die PRASA treine, of oor Zuma of oor ons begroting.  Dan wil hy ook graag met my daaroor gesels.  So het ek my kleuter heerlike gesprekke oor ons president en allerhande ander aktuele sake.

Maak jou kleingoed deel van jou lewe.  Ons is mos by die huis met ons kinders vir ‘n rede!!! Jy het nie nodig om ‘n sekere deel van die dag juffrou te wees en ‘n sekere deel van die dag mamma te wees nie.  Om net mamma te wees is genoeg!!!

Ek val myself nou in die rede … terug na die onderwerp.  My 3 jarige poppie kan vir 30minute op my skoot doodstil sit en luister na ‘n boek.  My 5 jarige meneer kan slegs luister as hy beweeg.  Hy hoor op sy heel beste as hy op die klimraam speel.  En mamma, toets jou besige leerdertjie na die tyd.  Dis ‘n mite dat jy moet stilsit om te kan hoor.  Daar is allerhande geleerde name vir tipe leerders wat ons anderdag oor sal gesels.

Kry ‘n manier wat vir JOU kind werk.  Basta met skoonma of die buurvrou.  Mamma, jy ken jou eie kind die beste.  As daar aanhou rooi ligte vir jou flikker sal jy mos jou instink volg en hulp gaan kry.  Maar asseblief mamma, moenie jou aan die neus laat lei deur die sogenaamde geleerdes rondom konsentreer nie. Om kinders vir ure aaneen op skoolbanke te laat stilsit is nie omdat dit vir die kind die beste is nie, dis omdat die arme juffie 20 kinders in haar klas het en almal MOET leer lees en skryf.  Maar liewe tuisonderrig mamma, jy het net jou eie kinders in jou klas.  Spring tou terwyl julle leer tel, klim op klimrame terwyl julle boek lees, rol teen die graswalle af terwyl julle ‘n liedjie probeer sing.  Dis nie net pret vir jou kind nie maar jy verloor dalk uiteindelik laas Kersfees se vakansie vetjies.  😉

 

Mamma, kyk links, kyk regs en kyk weer links.  Ignoreer nou die ander mense se kinders.  Kyk reg voor jou en konsentreer op jou eie kind se sterk punte!!!

3 thoughts on “Hoe lank is te lank?

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: