Hoekom juis MEELEWENDE onderrig?

Waarom het ek juis die naam “meelewende onderrig” gaan kies? Hoekom nie samewerkend of tuisonderrig of enige ander vorm van onderrig nie?

Soos met elke ander persoon het die lewe wille woeste draaie met my geloop.  Na ‘n lang woestynpad het ek by my oase gekom. Die Here Jesus. Hy het voorwaar my lewe kom red en my dors kom les.  Ek het by Sy voete gaan sit en begin luister en leer.  Die wonderlike ding van Jesus is dat Hy die beste leermeester van alle tye was (en steeds is)!!! Hy leer deur saam met jou te leef.

Jesus het nie voor die menigte gaan staan, sy teorieë oorgedra en gehoop die massas volg sy preek nie.  Nee, hy het 12 gaan kies en saam met hulle geleef.  DIS hoe Hy hulle geleer het.  En hoe kan ek dan anders as om te glo dis die beste manier vir ons kinders om te leer? Deur saam met hulle te leef!

Die Bybel sê nie verniet in Hebreers 13 dat meelewendheid een van die vrugte van die Gees is nie.  En hoe kan ek dan nou daarmee stry?  Dis mos nou sommer voor die hand liggend.

Die Here Jesus is steeds besig met my en ek is geensins naby aan die perfekte voorbeeld van ons Leermeester nie.  Maar ek weet dat ek soos Maria van ouds by Sy voete sit en leer.  Ek leer van Sy hart vir ons kinders, ek leer van Sy hart vir MY.  En ek leer by Hom, hoe om op Sy sagte tog gesaghebbende manier die boodskap oor te dra.

Ek hoop julle gaan die pad van meelewende onderrig enduit saam met ons stap, maar bowenal hoop ek om jou langs my, op die grond by Sy voete te sien.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: