Help!!! My kind sukkel met wiskunde.

Probleme met wiskunde is ‘n algemene klag onder heelwat ouers en onnies.  Ouers slaan uit in koue sweet as hulle hoor hulle moet hulle kinders help met die vak en onnies se moed sak in hulle skoene nadat ure se hulp steeds geen vrugte lewer nie. 

Dr Breytenbach van die Breytenbach sentrum vir onderrig het met ‘n paar skoolhoofde en departemenshoofde van bekende skole in Pretoria gesels om agter die kap van die byl te kom.  Presies hoekom is wiskunde SO groot uitdaging??? 

Daar het 2 antwoorde uitgestaan onder die gesprekke.  

1.  Kinders en hulle ouers is bang vir wiskunde.  Daar is dus dadelik ‘n emosionele agterstand, nog voordat die eerste plus of minus eers gebruik word, is jou kind in sy kop reeds agter!!!

2.  Die voorskoolse vaslegging van getalbegrip en wiskundige beginsels word nie voldoende gedoen nie. 

Ek gaan vandag fokus op punt 2.

Wiskunde is orals.  Elke vorm, elke getal, elke inkopie oggend, elke gesprek… getalle en vorms is ‘n alledaagse alomteenwoordige onderwerp.  

Wanneer jou kind blootstelling kry aan hierdie alledaagse wiskunde gebeur daar ‘n wonderlike ding.  Die absolute abstrakte (getalle en die waardes daaraan gekoppel) word ‘n praktiese belewenis vir jou kind.  

Ons weet dat die leerproses op sy beste plaasvind wanneer soveel moontlik sintuie gebruik word (let wel, ‘n sakrekenaar is nie ‘n sintuig nie).  Om getalle op papier te sien is so abstrak dat jou kind dit nie kan visualiseer nie.  Werklike begrip van die omvang van geskryf staan vind dan nie plaas nie.  Jou kind moet wiskunde SIEN, VOEL en beleef.  

Wanneer jou kind in die ouer grade met wiskunde sukkel moet jy teruggaan na die basiese.  Gaan terug na die belewing van die getalle.  Begin voor.  Moenie aanhou oefen en dril aan die werk wat jou kind nie baasraak nie.  Gaan ‘n stappie terug na die werk voor dit.  As jy sien jou kind sukkel daarmee ook, gaan nog verder terug.  Al eindig jy met jou 10 jarige op waar julle buite in die tuine hope klippies pak om sy maal tafels te verduidelik.  Begin by die begin.  

Wat is die begin?  Dis ‘n baie goeie vraag.  Getalbegrip.  Dis stap 1.  Wat verteenwoordig die getal 1? Hoe lyk 2 ten opsigte van 1?  Hoe lyk 3?  Wat is meer? Wat is minder?  Wat gebeur as ek die 2 nou 4 maak?  Of die 4 nou 8 maak?  Hoeveel van die 8 moet ek wegneem om 3 te kry?  Julle kry die idee.

LET WEL!!! Stap 1 het GEEN papiere betrokke nie.  Pak die getalle met klippe, met proppies, met bottels, met blikke, maak kolle in die sand, tel stikeez…. maar NIE abstrak op papier nie.  Jou kind moet kan SIEN hoe 3 groter is as 1.

Kalmeer, haal diep asem en weet dat baie kinders sukkel met wiskunde aangesien die basiese vaardighede nie voldoende neergelê is nie.  Jou kind moet nog ‘n paar goed snap voordat hy ‘n brug sal kan ontwerp, maar JY as ouer sal daarmee kan help.

Hou gerus ons blad dop vir die volgende inskrywing propvol idees om die basiese bou blok wiskunde pret te maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: