Help!!! My kind sukkel met wiskunde. Deel 2.

In ons vorige inskrywing het ons gesels oor moontlike redes waarmee jou kind dalk sukkel met wiskunde.  Gaan lees gerus HIER die vorige artikel.

Vandag gaan ek fokus op die vinnige verduideliking van die woord GETALBEGRIP.  Ons gaan ook gesels oor hoekom dit so belangrik is en dalk selfs saam wonder oor hoekom ons kinders gefaal word met hierdie belangrike bousteen van wiskunde.

Lees gerus saam en deel asb jou eie ervarings en idees met ons.

My eerste belangrike opmerking gaan oor getalbegrip.  Dis ‘n lang woord met ‘n eenvoudige betekenis.  Wiskunde, getalle, syfers, berekeninge… dis alles abstrak.  Abstrakte denke is bitter moeilik vir klein mensies. Emosies is ook abstrak, dink net hoe moeilik is dit om jaloesie, bitterheid, angstigheid te VERDUIDELIK en te VERSTAAN.  Dis egter soveel makliker as jy eers die emosie beleef en dan die woord leer wat by die emosie pas.  Nou het jy ervaring van die spesifieke gevoel.  Die klip in jou maag het nou ‘n naam.  Jy is bang of angstig.  Geen platvlak prentjie of papier sketsie kan jou werklik die betekenis van die abstrakte leer nie, jy moet dit ervaar.  Net so met getalle.  Ons kinders snap nie die betekenis van elke getal nie, want ons leer hulle net die name.

Die bekende pediater Dr Christopher Green (skrywer van Toddler Taming) skryf dat hy gereeld pasiëntjies sien wat op aandag staan en van 1 tot duisend kan tel.  Maar moet tog nie vra wat is 1 appel en nog 1 appel nie.  Dan weet hulle nie.  Dis nie deel van hulle rympie nie.  Hulle het die name van die getalle geleer, maar verstaan niks daarvan nie.  

Jou kind gaan abstrakte getalle slegs verstaan as hy dit met sy hele lyfie en al sy sintuie ervaar en beleef.  Die woord begrip impliseer tog soveel meer as net memoriseer.

Hiermee gaan ek vir eers volstaan.  Ek hoop elke ouer verstaan nou hoe belangrik die verstaan en die beleef van die abstrakte is.  Dis stap 1 op pad na geniale wiskundige maatjies wat somme maklik baasraak en nie bang is vir wiskunde nie.

Hou dop vir ons volgende blog wat heerlike idees gaan gee hoe om wiskunde met jou hele lyf te doen.

Groete uit die onderrig-oase.

One thought on “Help!!! My kind sukkel met wiskunde. Deel 2.

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: