Graad R – to do or not to do

Die volgende plasing is gebaseer op my eie ervaring.  Dis nie navorsing nie, dis nie voorskrifte nie, en jou eie ervaring mag dalk heeltemal anders wees.  Hierdie is my ervaring.

Ek is eerstens ‘n mamma, maar ek is ook pro-tuisonderrig, veral waar tuisonderrig is klein groepe plaasvind en ‘n hele gemeenskap saam die las dra vir die onderrig van daardie paar kinders (baie gebaseer op die Reggio Emilia model).  My persoonlike situasie is egter ‘n hoë konflik egskeiding wat tot uitermatige konflik rondom skoling gelei het.  So is my seuna in graad R skool toe gestuur.  Tradisionele, staatskool.  ‘n Goeie een, maar steeds baie elemente wat ek graag sou wou vermy.  Bv. 30 maats per klas, fluitjies wat die massa kleuters beheer, ag en heelwat ander goed wat nie my persoonlike eerste keuse was nie.

My seuna het by ‘n juweel van ‘n juffrou beland en dit het dadelik die pad rustiger gemaak.  Die eerste week was rof, vir seuna en mamma.  Trane en verlang.  Maar hy het vinnig aangepas en selfs begin uitsien na skool toe gaan.

Die stimulasie van soveel kinders en lawaai op een slag konstant het sy tol geëis en seuna was maar woes mislik in die middae na skool.  Ons roetine moes aanpas, eers ‘n russie na skool, in vrede op sy bed.

Nou, vir my eintlike punt.  Ek word gereeld gevra of graad R verpligtend is.  So kom ons gesels eers oor die wettige agtergrond en die doel van graad R.

Wetties :  Graad R is volgens die skolewet van 1996 nog nie verpligtend nie.  Maar die minister het al haar intensie uitgespreek om graad R verpligtend te maak.  Die datum is al verskeie kere aangeskuif en tans is daar geen defnitiewe datum beskikbaar nie (ek het seker gemaak by die Departement Basies Onderwys, maar hulle is self nie seker wat aangaan met graad R nie).  So jy HOEF nie volgens wet jou kind skool toe te stuur vir graad R nie.

Wat is graad R?  Die “R” staan vir “reception”.  Baie skole het van graad O gepraat, waar die “O” vir ontvangs gestaan het.  Die ontvangsjaar is dus die jaar wat die kind kan klimatiseer vir grootskool.  Ek het met ‘n gerekende graad 1 onderwyseres gesels wat van mening is dat as ‘n kind emosioneel en fisies gereed is vir graad 1, sy die hele graad R jaar in 6 weke met die kind sal kan doen.

Hier is nou my voorstel, na my ervaring met my eie die afgelope jaar. Indien jy weet jou kind gaan graad 1 in ‘n skool wees, sou ek aanbeveel om hom/haar in graad R in dieselfde skool te probeer sit.

Hoekom?  My seuna kon op ‘n vriendelike, klein skaal, met baie speel gewoond raak aan die skool roetine en alles wat daarmee saamgaan.  Nou is graad 1 nie so vreesaanjaend nie.

Natuurlike geld hierdie nie vir ouers wat kies om hulle kinders tuis te leer nie.

Ek wil graag hier bynoem, dat as jy ‘n mamma is wat graag sou wou tuisonderrig, maar nie kans sien nie, of jou omstandighede laat dit nie toe nie, moenie moed verloor nie!!! Jou insette is steeds net so kosbaar en ongelooflik van waarde.  ‘n Betrokke mamma wat na skool verder gesels oor die dag, die tema van die skool deurtrek na die huis en sorg vir ‘n ontspanne en nugter houding tot skoolprestasie, is net soveel ‘n tuisonderrig mamma as die mamma wat alles self tuis doen.  Jou werk is net so belangrik!

Sterkte vir elke mamma wat vandag hulle harte by ‘n skool moes gaan aflaai.  Sterkte vir elke juffrou wat vandag nuwe kinders in hulle harte ontvang.  Mag 2017 ‘n jaar wees waarin mammas hande vat met juffrouens en waar juffrouens weer die waarde sal leer van betrokke mammas!!!

Oasis groete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: