Doek-omruil en wiskunde…

Hierdie onderwerp van dr Cas Olivier (‘n gerekende wiskunde boffin en skrywer van Easy as Pi) het my laat kop krap. Wat op aarde het baba doeke en wiskunde met mekaar uit te waai?

Mamma, al wat ek wil verklap is dat jou aandeel in jou kind se ontwikkeling soveel groter en soveel belangriker is as wat die wêreld wil hê jy moet glo.

Lees gerus hier verder :

Het jy as ouer ook die vrees dat jou kind van die bed sal afval? Mens wil nie eers eintlik daaraan dink nie. Op sy/haar koppie val, breinskade – net te veel om op te noem wat deur mens se kop gaan.

Daar is ‘n voorkomingsplan. Onthou so op 6 maande baba begin hul te sit en daarna te kruip. Dis waar die moeilikheid inkom. Hulle wil die wêreld verken en ken nie die gevare nie.

Daarom moet ons so teen 4 maande ELKE keer nadat ons haar doek omgeruil, haar op haar magie draai.

Trek haar dan aan haar voete na die kant van die bed. Wanneer sy oor die rand van die bed lê, dan skuif jy jou hande na onder haar arms. (Ek weet jy sal dit versigtig doen en heeltyd met haar praat. Ek weet jy sal jou hande nooit van haar afvat nie) Jy doen dit om haar veilig en geborge te laat voel.

Laat haar afsak sodat haar voete die veiligheid van die vloer ervaar – 1000e kere.
Wanneer jy haar omdraai, sê jy ALTYD die volgende: ‘Eers omdraai op jou magie’.
Wanneer jy haar laat sak sê jy: Af, af, af, ….’. Hou aan tot haar voete die vloer raak.
Jy sê heeltyd: ‘Mamma hou jou vas.’

Wanneer haar voete die vloer raak sê jy: ‘Voetjies op die vloer.’
Tel haar op, druk haar teen jou vas en sê: ‘Lief vir jou.’

Wees altyd versigtig. ‘n Babatjie is nie ‘n robot nie. Sy het hulp nodig aan die begin om te begin afgly. Oordeel altyd hoeveel hulp sy nodig het en wat sy self kan doen. Gee net die hulp wat nodig is.

‘n Paar idees:

1.  Prys haar aan vir elke stap wat sy self kan doen. Klap hande, fluit, ens, ens.

2.  Onttrek geleidelik totdat jy seker is dat sy kan dit self doen.

3.  Hou haar dop in die spieël as jy bv jou hare doen om seker te maak sy doen dit veilig. Praat met haar terwyl sy dit doen.

4.  Die feit dat jy dit doen met jou rug na haar, gee haar die versekering van jou teenwoordigheid.

5.  So kom sy in die gewoonte om die proses te volg wanneer sy later self wil afklim. Dit sal dan haar natuurlike manier word om van die bed af te kom. Niks skedelbreuk of iets nie.

Kyk na die woordeskat wat sy hoor en aanleer: Eers, omdraai, magie, af, voetjies, vloer, vas, lief, jou. ‘n woordeskat van 9 woorde by die ander wat sy teen een jaar dan al kan sê.

Amper vergeet ek, het jy die wiskunde agtergekom? Sy leer:

1.  ‘n Proses het stappe.

2.  Stappe het name: omdraai, af.

3.  Oorsaak en gevolg.

4.  Waagmoed.

5.  ‘n Inset veroorsaak ‘n uitset.

Is dit nie elke ouer se wiskundedroom vir sy/haar kind nie?

Hierdie blog kom uit die pen van dr Cas Olivier.  Los gerus jou kommentaar en insette.  Ons hoor graag van jou.

One thought on “Doek-omruil en wiskunde…

Add yours

  1. Dit is baie waar. Nie net vir wiskunde nie maar ook vir woordeskat!
    Die liefde wat daarmee gepaard gaan is ongelooflik belangrik.
    Ek glo dat 'n kind wat geborge voel net meer oop is vir stimulasie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: