Gesels en wiskunde… is daar ‘n verband?

Hier is nog ‘n artikel geskryf deur dr Cas Olivier. Kom leer saam met ons wiskunde guru!!!

Hoeveel moet ons met ons kinders praat?

Volgens dr Kristina Blaiser (Utah State University) moet kinders aan meer as 20 000 ure se luisterervaring in hul eerste 5 jaar blootgestel word, om genoeg woordeskat op te bou om hulself in graad 1 te handhaaf. Dit beteken omtrent 4000 ure per jaar en ‘n gemiddeld van 11 ure per dag!



Luistervaardighede moet in die konteks van kommunikasie verstaan word. Neem kennis dat TV kyk nie tel nie want dit is nie KOMMUNIKASIE nie. Kommunikasie beteken ‘tweegesprek’. Wanneer ‘n kind TV kyk is dit net die TV wat praat.



20 000 uur oor 5 jaar is bykans elke uur wat die kind wakker is.



Dit klink onmoontlik, maar dit is nie. Jy moet net alles wat jy doen vertel en bespreek. Hier kom ‘n paar:



1.  Kom ons maak tee. Eers die water uit die kraan tap in die beker. Gooi in die ketel. Mamma sit hom aan. Jy mag nie aan die ketel raak nie, jy sal brand, eeiinaaa! Sjoe sjoe, warm……..

2.  Kom ons trek aan. Op met die arms. WOW 5 vingers. Een armpie in, ander een ……

3.  Kyk die groot lorrie in die pad. Die robot is rooi. Die robot slaan groen. Hier ry ons weer.

4.  Kom ons ruil jou doek. Wie se voete is dit dié? En die neusie? Losmaak, losmaak, losmaak. Af met die doek ……


Kyk hoeveel werkwoorde en selfstandige naamwoorde is in die paar sinne.


Baie woorde word aangeleer deur stories, byvoorbeeld in Rooikappie. Lok gesprek uit. Is Rooikappie se ore groter of kleiner as die wolf s’n. Hoe groot is die wolf se ore? Hoe groot is Rooikappie se ore? Waar is jou ore? Waar is Mamma se ore.


As jy vrugte koop. Appels, pere, piesangs is vrugte.


Musiekinstrumente: Wys hul die Radedsky mars https://www.youtube.com/watch?v=6aUKw9yxxio


Klomp woorde hier: viool, trompette, hande klap, dankie


Volgende keer praat ons oor watter ouderdom begin ons, ons kinders ‘harde wiskunde’ te leer. Maak solank ‘n aantekening op watter ouderdom dink jy word wiskunde konsepte aangeleer?

 

1.  0 tot 6 maande

2.  7 tot 12 maande

3.  1 tot 2 jaar

4.  2 tot 3 jaar

5.  2 tot 4 jaar

6.  5 tot 6 jaar

7.  6 jaar plus

8.  Dis die skool se werk, want ek het nie wiskunde op skool verstaan nie.

9.  Dis die skool se taak, finish en klaar.


Gebruik die volgende om jou te help besluit.


1.  Tel is nie wiskunde nie, dis net tel.

2.  Vorms soos vierkante tel nie in die geval nie.

3.  Dis harde, harde wiskunde waarvan ek praat.


Los gerus ‘n kommentaar om JOU mening te lug.


Oasis groete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: