Die somme in pantoffels koop

Die winter gaan ons een van die dae bekruip en aangesien ek ‘n hele rits kinders in die huis het, begin ek sommer vroeg vir wintersklere uitkyk. Die mooiste goed is buitendien eerste op die rakke en word soos blits opgeraap.

Ek en die 2 sussas is in Woolies opsoek na lang pajamies.  Geen lang jamies op die rakke nie, maar wel die oulikste en wollerigste pantoffels! Ounooi (4) wil dadelik weet of sy asseblief asseblief tog hasie pantoffels mag kry (kleinsus van 1 pak sommer klaar die rakke af).

Nadat die orde (so op ‘n manier) herstel is begin die groot aanpas.  Ounooi gaan haal ‘n nommer 6 van die rak af.  Sy probeer haar voete inwurg.  Heeltemal te klein. Oeps.

Ek stuur haar terug rak toe.  Sy kom met ‘n 11 terug.  Heeltemal te groot.

Nou sê ek aan haar om die kleinstes links te sit en die grootstes regs.  Ons moet nou iets tussen in soek, wat pas.  Ons hersien gou ons syfers om seker te maak sy onthou wat kom na 6 en voor 11.

Intussen het kleinsus al 6 pare aangepas en met elke paar sê sy "myne"… ek tel haar op en sal later die orde herstel (die staf in Woolies is gelukkig almal elders besig en niemand sien my wiskunde klas in hulle pantoffel rak nie.  

Ounooi kom terug.  Die nommer is reg, maar die skoen is ‘n R250 Disney pantoffel.  My sak (en man) sal dit nie oorleef nie.  Terug rak toe.  Nou moet sussa al na 2 goed oplet, die soort pantoffel sowel as die grootte.  

Ons het nog 2 groottes aangepas voor ons by haar nommer 8 beland het.  Ons het al die groottes wat sy aangepas het gepak van klein na groot, sy het die eerste 2 teen mekaar gepas en opgemerk dat hulle nie juis verskil in grootte nie.  Sy het die eerste en laaste paar gemeet en opgemerk dat daar ‘n groot verskil is in grootte.

Ons het die aantal pantoffels getel.  En sy het self die som gemaak dat 10 pantoffels genoeg is vir 5 mense se voete.  Ten laaste moes sy self al die pantoffels terug op hulle hangertjies sit en terug op die rak.

In een (uitgerekte) pantoffel-koop sessie het my meisiekind geleer van :

1.  Pryse kyk – ons kan nie net sommer vat nie, ons moet die prys ook dophou.

2.  Patrone 

3.  Wiskundige terme (groter as, kleiner as)

4.  Skat – sy moes elke keer besluit en skat of die nuwe paar gaan pas of nie.

Die belangrikste leergeleentheid was egter die een van verhouding bou en om my kind ‘n baie basiese gevoel van onafhanklikheid te gee.  Die pantoffels gaan beslis beter opgepas word as vorige jare s’n!

O ja, kleinsus het darem ook patoffels gekry. Die warmste wollerigste hasies wat sy dra in 34 grade! (Die nadeel van so vroeg voorberei vir winter).

Mamma, elke geleentheid is ‘n leergeleentheid.  Leer en ontdek begin nie in die klas nie, of by die skool nie.  Dit begin in die oomblik wat jou kind sy eerste asemteug gee (en selfs voor dit) en eindig die dag wat jou kind as oumensie hulle koppe finaal neerlê.  Jy, mamma, is die een wat daar is om elke geleentheid te omhels en te gebruik.  Moet nooit jou rol onderskat nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: