Sensoriese pret idees

Ons eie sensoriese pret oggende het hierdie week afgeskop.  Ek deel graag met jou so paar idees wat vir ons gewerk het (en vertel ook wat nie werk nie).

Dalk moet ek eers wegspring deur die hele sensoriese ding in perspektief te sit.  Dit beteken nie noodwendig alles moet vol modder en vuil chaos wees aan die einde van die speel nie!  Ja, modder en verf en grillerige vroetels is heerlik om jou sintuie aan die gang te kry, maar sensoriese pret is soveel meer as net vuil word.  Dis die belewing van die wêreld om jou deur jou sintuie!!!  Ek persoonlik voel dat sodra jy meer as 2 sintuie per aktiwiteit inspan, jy alreeds op die regte pad is.

Ons het vanoggend ‘n maatjie gehad wat glad nie van die verf gehou het nie, maar weer mal was oor die spaghetti en boontjiesak-loop aktiwiteit.  Moet dus nie na die eerste aktiwiteit jou hande in jou hare sit en begin terapeute soek vir jou kind nie! Dis heel moontlik net nie sy/haar spreekwoordelike “cup of tea” nie.

Hier is so paar idees wat jy tuis kan beproef :

Idee 1 :

Spuit verskillende kleure verf op ‘n bakplaat.  Gebruik vingertjies om die verf te meng en ander kleure mee te maak.

Ons maats het uit hulle eie die volgende opgemerk :

  • Sjoe, die verf is koud op hierdie silwer pan.
  • As ek te veel vroetel word alles een kleur.
  • Verf proe sleg (dit was meer my interpretasie van my 2 jarige se gesiggie na ‘n handjie afgelek is).

Na die gemeng en gevroetel het ek met ‘n A3 karton vir elkeen ‘n afdruk gemaak.  Sommer deur die papier in die oondpan te druk waarin die verf gemeng is.  Die resultate is nogals besonders kunstig!

Idee 2 :

Spaghetti ontploffing.  Ek het spaghetti so 3/4 gaar gemaak.  Ek het heelwat olie bygegooi om te keer dat hulle aan mekaar vassit.  Uit die pot het ek dit in 2 bakke verdeel en met gewone vloeistof koekkleursel dit gekleur.  (Nota :  dit lyk werklik oneetbaar.  Moenie die aand spaghetti geregte wil maak nie, jou aptyt vir die spesifieke dis gaan weg wees vir ‘n ruk!)

Ek het dit eenvoudig op die grond in ‘n skinkbord gesit.  Die kinders het hulle gate uit geniet.

Hier is ‘n opmerking om dit makliker te maak vir jou met die opruim.  Maak seker die seil waarop julle speel is lekker groot.  Dit was moeilik om die spaghetti van die plaveisel af te kry.

This slideshow requires JavaScript.

Hierdie aktiwiteit het ons lank besig gehou.  Kyk net hoe fyn vat die vingertjies om die spaghetti raak te vat.  Elkeen van die kinders het hierdie geniet!

Idee 3 :

Boontjiesak loop.  Ons is nog in die baba-skoene van ons sensoriese pret oggende en het 2017-06-07 09.49.32nog nie allerhande snaakse goed om op te loop nie.  So, vir vanoggend het ek boontjiesakke uitgepak.  Elke maatjie het hulle skoene uitgeskop en op die boontjiesakkies geloop.

 

Dis sommer goed vir balans ook!  Die kleinste patroon in ons groepie het elk keer ‘n vrolike giggeltjie gegee as sy oor die sakkies geloop het.

 

 

 

 

Ek hoop dat julle van ons idees by julle eie huise ook gaan doen!  Of nog beter, kom speel een oggend saam met ons.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: