Blokspel

In die voorskoolse jare (maar eintlik die hele aanvangsfase) leer ons kinders die heel beste deur belewing en konkrete ervaar.  Hoe meer dele van die kind se lyfie en die kind se sintuie betrek word, hoe beter word die inligting oorgedra en vasgelê.  Die konstante skryfwerk is dus nie die ideale manier van kennis oordra en vaslê nie. Deur van blokke gebruik te maak in jou klas/by jou huis is een manier waarop kinders konkreet die wêreld om hulle kan ervaar.

downloadEk wil graag so paar idees en wenke vir julle gee om blokke nóg prettiger in jou huis/klas te kan gebruik.

Hoekom is blokspel so belangrik?  Ek gee graag hierdie aanhaling wat dit mooi saamvat :

“Building with blocks provides one of the most valuable learning experiences available for young children. Block play stimulates learning in all domains of development, intellectual, physical, and social-emotional and language.”

Blokspel is verseker een van die enkel belangrikste (en lekkerste) aktiwiteite om saam met jou kind/klas aan te pak.

‘n Eenvoudige manier om dieselfde blokke herhaaldelik te gebruik met sukses en sonder verveling is om die apparaat wat jy saam die blokke voeg af te wissel.  Hier is so paar idees :

images

Verskaf karretjies saam met die blokke.  Wys die kind nou dat hy/sy ‘n glipbaan (“ramp”) kan bou waar die karretjies kan afry.  Die kinders kan ook paaie bou met die blokke en huise langs die paaie oprig.

Verskaf plastiese diertjies saam met die blokke.  Die kind kan nou hokke bou vir die diere en die diere saam groepeer.  Hou in gedagte dat jy, as ouer of opvoeder, mag deelneem aan hierdie speletjie, maar dat jy altyd ondergeskik bly aan die kind.  Dis die kind se leefwêreld en jou rol is ondersteunend en nie leidend nie.

Image result for ice cream sticks and laundry pinsGebruik roomysstokkies saam met jou blokke.  Die kind kan nou brue bou en allerhande verbindings tussen die blokke maak met die stokkies.  Vir ekstra pret kan wasgoedpennetjies saam met die roomysstokkies gegee word.  Die kind kan selfs met net die wasgoedpennetjies en roomysstokke wonderlike kreatiewe idees optower.

Versamel afval stukke hout en ander voorwerpe uit die natuur of uit die tuin en probeer dit inspan in die blokspel.  Dinge in die natuur is nie in mooi netjiese blokke gesny nie en die kind gaan planne moet optower om die objekte in te span en te gebruik.

Versamel allerhande bokse vanuit die huis (lekker groot bokse soos leë ontbyt-papRelated image bokse).  Skeur koerantpapier in repe en vul die bokse stewig vasgedruk met die geskeurde papier.  Maak die boks stewig toe met kleefband.  Verf.  Hierdie maak wonderlike stewige (maar ligte) groot blokke vir die kind om mee te kan bou.

Image result for building with plastic bottles preschool

Gebruik roomysstokkies en proppies vir ‘n kreatiewe bou idee.  Dit is besonders goed vir die visueel motoriese vaardighede en die fyn spiere.

Daar is natuurlik nog hope ander wonderlike idees met blokke en ander bou materiale!  Indien jy graag ons opleiding en idees via epos wil ontvang kan jy inteken by Kleuter Kliek.  Loer hier :  https://goo.gl/forms/oTXU2jKSFcMVlmoO2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: