Aan die einde van graad R moet ons maats ‘n storie wat geskommel is in ‘n sinvolle volgorde kan sorteer. Die kind moet dus kan bepaal watter prentjie is eerste, watter is tweede derde ens en wat kom laaste. Hierdie gebeure moet in ‘n logiese volgorde geplaas word.
In hierdie leerstasie word so ‘n storie legkaart verskaf. Die kind soek dan die prentjie wat eerste kom, sit die legkaart stukkie op sy plek en gaan haal dan die posisie kaart vir eerste. Soek nou die prentjie wat daarop volg en gaan haal dan die kaart wat tweede op het. Wanneer die legkaart klaar gebou is moet die kind kan wys watter prentjie was eerste en watter prentjie was laaste.
‘n Goeie idee is ook om die kind die storie hardop te laat vertel soos hy/sy dit sien. Dit skep ‘n leergeleentheid waar jy insette kan lewer, maar ook die kans kry om die kind se logiese denke tot insae te kry.

Leave a Reply