Kompetisie en die kind se selfbeeld

“Kompetisie bou ‘n kind se selfbeeld”……

                         (Regtig?????)

Hierdie sinsnede word met reëlmaat aan die pre-primêre instansies voorgehou as rede (en oorredingstegniek) om een of ander aktiwiteit by die skool aan te bied. Opgeleide pre-primêre personeel kan sommer so uit die vuis uit  verweer teenoor hierdie stelling opper soos bv. dat

  • voorskoolse kinders nie aan kompetisie blootgestel behoort te word nie,
  • die dagprogram van die voorskoolse kind bevat alles wat hierdie ouderdom kind nodig het in die tyd daarvoor ingerig,
  • en dat voorskoolse kinders nie aan formele sportafrigting onderwerp moet word nie.

Maar dis nodig dat ons van tyd tot tyd ons eie oortuigings moet meet aan erkende standaarde en die jongste navorsing.

Daar word twee begrippe in hierdie sinsnede gebruik nl.

“kompetisie” en “selfbeeld.”

Om dan nou onsself tevrede te stel dat wat ons van hierdie twee aspekte glo en glo ons weet, nog steeds die waarheid is, kan ons in gister en vandag se inligting gaan delf. Die term “selfbeeld” kom eerste aan die beurt.

“Selfbeeld”  is slegs een aspek in ‘n lang pad van ontwikkeling van die kind se eie identiteit. Hierdie pad begin by die kind se konsep van sy eie liggaam nl. sy liggaamsbeeld en val saam met die vroeë  liggaamsontwikkeling. Dus gaan die kind se konsep van homself saam “groei” met die groei van sy liggaam. Rondom 1 tot 2 jarige ouderdom, kom hy tot die besef dat hy ledemate het waarmee hy dinge kan doen soos om te leer loop of ‘n bal te gooi. Selfs op hierdie vroeë ouderdom is die kind baie gevoelig vir die volwassene se evaluasie.

“Nou het jy darem mooi geloop!”

“Joe! Dit was ‘n ver skop!”

Verbale en liggaamlike uitdrukking van die volwassene se tevredenheid met die kind se aksies, het groot invloed op die kind se evaluasie van homself.

“Self-agting” begin nou-al ‘n invloed uitoefen op die uiteindelike identiteit van die kind.

Dit is te verstane dat die kind se liggaamsbelewing baie belangrik is vir sy liggaamsbeeld omdat hy op die vlak is van sensories-motoriese ontwikkeling wat draai om die sensories insette uit die omgewing en die daaropvolgende beweging.

Geleidelik vloei die selfbeeld voort vanuit die liggaamsbeeld. Selfbeeld word gevestig deur  evaluasie van sy eie liggaam in terme van aspekte soos aantreklikheid, seuntjie-wees/dogtertjie-wees en eie gesondheid.

Selfagting speel steeds ‘n rol  tot ‘n positiewe selfbeeld en bestaan uit ‘n  bewustheid van  eie waarde, uniekheid as mens, ‘n bewustheid dat hy iewers behoort en sy groeiende identiteit as mens. Die kind streef ook daarna om deur goeie gedrag en sukses met akademiese vaardighede die volwassene se goedkeuring te bekom.

Die selfkonsep bestaan uit die persoon se siening en evaluering van homself.

“The self-concep arises from one’s evaluation of experiences in a social context or situation, that is, in one’s interaction with other people…….A person’s self-concept is central to his life and refers to the complete “picture” he has of himself and the value he attaches to himself; how do I see myself, what are my chracteristics, and how do I judge myself in terms of my appearnace, abilities, talents, motives,goals, ideals and social interactions and relationships.” (De Witt, 2011.)

Om weer terug te keer na die vertrekpunt: Dis ‘n lang pad met baie ontwikkeling en wording om te kom; nie net by die selfbeeld nie, maar by die uieindelike selfkonsep. Dis ook duidelik dat verskeie faktore inwerk en meewerk om tot hier te kom, en dis ‘n proses wat aanhou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: