
Plak jou groot vorms teen die muur vas. Plaas jou boontjiesakkies (ons boontjiesakkies is ook vorms) in ‘n houer. Die kind tel ‘n sakkie op en gooi die ooreenstemmende vorm raak teen die muur.
Onthou dat ons in die voorskoolse jare fokus op die 4 basiese vorms. Reghoek, sirkel, vierkant en driehoek. Dis belangrik dat kinders nie net leer hoe om vorms te herken nie (vorm herkenning), maar ook die eienskappe van die vorm baasraak (vorm konstantheid). Moenie hierdie 2 verwar nie. Vorm konstantheid beteken dat die kind weet hoe elke vorm lyk hetsy die vorm klein of groot is, selfs as die vorm in die helfte gesny word.
Leave a Reply