Wasgoed was

Klein mensies is wonderlike wesens.  Enige aktiwiteit kan ‘n leergeleentheid wees vir hierdie klein mensies.  Selfs wasgoed was.  Dit gaan jou dalk langer neem as gewoonlik, maar die tyd spandeer is beslis die moeite werd.  Vir juffrou in die klas is wasgoed was natuurlik net so fantastiese aktiwiteit.  Veral vir die 2 tot 3 jaar groep.

Jy kan selfs net verskillende kouse gebruik in hierdie aktiwiteit, of julle fantasiespel klere en as jy baie braaf is kan jy jou kleinding betrek as jy die huis se klere was en ophang.

Die klere kan as ‘n eerste aktiwiteit gesorteer word.  Jy kan self kies in watter groepe (kategorieë) die klere gepak moet word.  Volgens kleure, volgens items, volgens grootte ens.  So oefen die kind diskriminasie en kleur en vorm herkenning.

Nou kom die was gedeelte.  Dit is die heel lekkerste deel!  Gooi bietjie warm water in ‘n emmertjie en was die klere/kouse.  Probeer die ergste water nou uitwring.  Dis goeie oefening vir die klein handjies.

Span ‘n tou tussen 2 paaltjies of bome wat kan werk as wasgoedlyn. Onthou dat hierdie tou vir die kind maklik bereikbaar moet wees.

Die kind kry nou kans om elke kledingstuk aan die draad op te hang en vas te knyp met ‘n pennetjie. Beide handjies is besig met hierdie aktiwiteit.  Die een handjie gaan die kous vashou, terwyl die ander handjie die pennetjie oopdruk en vasknyp.  Wonderlik vir fyn motor vaardighede, asook visueel motoriese koördinasie.

As alles droog is kan ons die klere afhaal en saam opvou.  Die opvou is ook ‘n taak waarmee die maats hulp gaan nodig hê.  Maar aanhouer wen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: