In graad R (en selfs jonger as graad R) gaan ons begin leer van meer maak. Later gaan ons leer van plus en optel. Maar die basis hiervan is om iets meer te maak.
In hierdie stasie is daar n syferkaart in die linkerbakkie. Die kind kies nou ‘n syferkaart vir die regter-bakkie. Begin nou links en tel die prentjies, tel die prentjies aan die regterkant ook. Daar moet nou soveel tellers in die heel laaste bakkie gepak word.
Ons sit reeds die plus en gelyk aan tekens neer, maar gebruik nog nie die terminologie nie. So word die kind gewoond aan hierdie tekens (blootstelling) sonder dat die wiskunde formeel gedoen word.
Leave a Reply