Die tou wat ons in hierdie leerstasie gebruik het is sommer ‘n doodgewone springtou. Die tou is uitgepak met syferkaarte aan die een kant. Hierdie is besonderse syferkaarte, elke kaart het ‘n syfer in die hoek maar die prentjie is ‘n aksie prentjie. Aan die ander kant van die tou is leë bordjies gepak teenoor elke syferkaart. Op die beginpunt van die tou is ‘n houertjie met tellers.
Die kind begin nou aan die beginpunt van die tou. Stap tot by die eerste syferkaart. Probeer die beweging doen wat die prentjie op die kaart wys. Kyk ook watter syfer op die kaart is. Stap terug op die tou en gaan haal nou soveel tellers om in die eerste bakkie te gooi. Beweeg nou aan na die tweede kaart en probeer die beweging uitvoer wat op die syferkaart wys.
Leave a Reply