Jou insette en waarde

Patrone is oral om ons.  Die heel eerste patroon waaraan ‘n kind blootgestel word is sy/haar mamma se hartklop in die baarmoeder.  Vinnig as mamma haastig is, stadig as mamma rus.  Dis ‘n klank patroon.  Ritmies en strelend, maar ook haastig en vinnig.  Mamma se stem vorm ook patrone so deur die water terwyl baba stil dryf.  Baba kan reeds hoor en die ritmiese klanke van mamma se sinne en taal is die baba se eerste taalles.

Na geboorte is daar steeds patrone, sommer orals.  Elke dag lyk vir baba min of meer dieselfde met slaaptye, voedtye, badtyd ensomeer.  Vir menige nuwe mamma is hierdie patrone (of roetine) ‘n saak wat hulle snags wakker hou.  Ons baba kry steeds elke dag taallesse.  Ons gesels rondom baba en die ritme en klank patrone duur voort.  Maar ons gesels ook met baba :  ag kyk jou mooi toontjies … voel jou mooi ronde magie … kyk net die rooi ronde wangetjies … is jy vol gedrink? kyk net hoe loop die melk al teen jou borslap af.

Op dieselfde trant is baba besig om wiskunde te leer.  Hop hop op oupa se knieg.  Op en af en op en af.  Wieg vir baba heen en weer en heen en weer.  Hier begin ons lateraliteit aanleer.  Ek het ‘n bokant, ‘n onderkant en ‘n die kant en ‘n daai kant (dit word later links en regs).  Ons tel gereeld saam met baba … 1 … 2… 3!  Wat gewoonlik met ‘n uitroep van plesier gepaardgaan.  Baba leer baie vinnig dat iets wonderlik volg na 3.  Die vlooi val in die pap, spring kom na 3, ‘n kielie op die magie kom na 3 … en ja, hardloop vinnig (as baba ‘n kleuter is al) want mamma se hardste raas kom ook na 3!

Ons leer ook sommer vinnig tot by 5 tel en 1 tot 1 assosiasie.  Ons leer van duimpie, duimpie se maat, langeraad, fielefooi en piepie in die kooi!  Elke vingertjie kry 1 naam.  Dis die beginsel van een-tot-een assosiasie.  Ons speel met ons kinders wiep wap vlooi in die pap, en hulle leer van wag en afwagting.  Hulle leer ook ‘n rympie.

Gesels jy met jou baba terwyl julle deur die winkel stap?  Daardie onsamehangende geselsies oor ditjies en datjies is baba se taalles vir die dag.  Ons babas leer die ritme, patrone, nuanse en klanke aan van ons taal lank voordat hulle leer praat.

Moet jou rol as ouer nooit onderskat nie.  Moenie dink jy moet jou kind in iemand anders se sorg laat vir die beste sorg nie.  Jou insette, die een tot een insette, is baie belangrik.  Juffrou, jou rol is net so belangrik.  Baie van hierdie bitter klein maatjies is reeds in jou klas.  Onthou om hierdie klein mensies te betrek by elke dingetjie deur die dag.  Elke geleentheid is ‘n leer geleentheid.  Elke aktiwiteit is ‘n groei geleentheid.

Moenie jou rol geringskat nie!  Jy het nie duur apparaat en slim lesplanne nodig nie.  Jou insette en tyd is belangriker.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: