In hierdie leerstasie maak ons gebruik van unifix blokkies en rygkrale. Maak seker dat die krale en die blokkies se kleure ooreenstem. Die kind kry kans om sy/haar eie patroon te bou deur blokkies op mekaar te stapel. Maak dit ekstra interessant deur syferkaarte by te voeg. Die kind moet nou ‘n kleurpatroon bou deur die hoeveelheid blokkies te stapel soos wat die syferkaart aandui.
Nadat die toring met die blokkies gebou is word die kleur patroon herhaal deur die krale in te span. Nou word die patroon geryg en nie gestapel nie. Op hierdie manier word ‘n vertikale patroon (die blokkies) herhaal en uitgebrei deur ‘n horisontale patroon (die krale wat geryg word).
Vaardighede wat ons hier kan aanspreek :
- Fyn motoriese ontwikkeling (die ryg van die krale en die bou van die blokke)
- Lateraliteit (horisontaal en vertikaal)
- Kleur herkenning
- Patroon herkenning en patroon uitbreiding
- Herken ooreenkomste en verskille
Leave a Reply