Voorgrond agtergrond onderskeiding

Dit is ‘n goeie idee om jou legkaart of blokke in ‘n skinkbord of bordjie te plaas.  Dit is veral ‘n slim plan om jou syferkaarte en alfabetkaarte in ‘n bakkie of bordjie te pak.  (Dit dien min of meer dieselfde doel as die raampie om jou woorde of prente wat jy op die tema bord gebruik).

Die kind se ogies word maklik gefokus op die aktiwiteit wat voor hom/haar is en so is die aandag op die regte plek.  Dit is veral handig by kinders wie se voorgrond agtergrond onderskeiding nog nie behoorlik ontwikkel is nie.

In hierdie leerstasie het ons maats hierdie oulike eiertjies gekry.  Ons het dit by ‘n Chinese winkel gekoop, maar ek het by ander groot kettingwinkels al ook daarvan gesien.  Die kind moet die kleure sowel as die vorms in mekaar pas.

Vaardighede aangespreek :

  • vorm en kleur herkenning
  • fyn motoriese ontwikkeling
  • oog hand koördinasie

One thought on “Voorgrond agtergrond onderskeiding

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: