Kyk hierdie oulike kreatiewe mannetjie wat een van ons maats gebou het met klei. Ons het roomysstokkies, klei en kraletjies verskaf en die kinders kon enige iets maak deur van hierdie materiale gebruik te maak. Onthou altyd dat kreatiwiteit aangemoedig word wanneer die kind toegelaat word om sy/haar eie stempel af te druk.
Die opvoeder moet altyd versigtig wees om nie die kind voor te sê nie. Die leer ervaring is juis wanneer die kind sy/haar eie leefwêreld kan weergee op die manier wat die kind dit sien en beleef. Nie op die manier wat deur die volwassene aanvaarbaar is nie.
Leave a Reply