Pak jou groot A4 vorms op ‘n tafeltjie en jou klein vormpies (plastiese vormpies werk perfek) in bakkies. Die kind kry nou kans om die klein vormpies op die groot vorms te pak. Kyk hoeveel klein vormpies pas in op 1 groot vorm.
Kyk nou op watter vorm het die meeste vormpies ingepas. Is dit moeiliker of makliker om op die driehoek/sirkel/vierkant vormpies in te pas.
Let op dat slegs die 4 basiese vorms deurentyd gebruik word. Ons gebruik die driehoek, reghoek, sirkel en vierkant. Veral wanneer die fokus op vorm konstantheid. Wanneer ons leer vorms herken kan ons uitbrei na ander vorms ook.
Vaardighede aangespreek tydens hierdie leerstasie :
- Vorm konstantheid
- Vorm herkenning
- Herken ooreenkomste en verskille
- Data hantering
Leave a Reply