Kreatiwiteit

‘n Mens is geneig om aktiwiteite so deeglik te beplan, dat daar maar min kreatiwiteit vir die kind oor is.  Ons plak die kleurwiel teen die muur op en dink dan is dit ook sommer afgehandel.  Ons hardloop sommer vinnig deur syfers 1 tot 10 en as die rympie mooi opgesê kan word dan neem ons aan daar is getalbegrip.

Dit is egter baie ver van die waarheid af.  Alles in ons kinders is ‘n proses, ‘n pad.  Elke kind se pad lyk anders.  Sommige is op die snelweg.  Breë bane, vinnige karre en geen afdraaie.  Ander maats is kronkel paaie teen ‘n berg uit.  Die uitsig is pragtig, maar o weë dis ‘n tydsame storie.  En dan is daar díe maats wat elke afdraai wil ondersoek en by elke padstal wil stop vir ‘n draai loop en ‘n slukkie water.

Netso is kreatiwiteit is ‘n proses.  Dit begin deur blootstelling aan ‘n verskeidenheid onderwerpe, boeke deurblaai, nog bietjie gesels, saam ontdek.  Jy kan immers nie ‘n perd teken as jy nog nooit ‘n perd gesien het nie!  Nóg beter, jy moet aan die perd vat, die reuk van plaas in jou neus … eers dan kan jy die vier maer bene en uistaan kniekoppe met die ronde maag en trotse kop probeer teken.  En tog plak ons ‘n papier en verf (en allerhande dergelike items) neer voor ons kinders en blaf die bevel dat ‘n perd nou moet voortspruit hieruit.  Dis nou hier waar die kind se “copy en paste” mentaliteit na vore spring en juffrou se stokkiesperd perfek nageboots word.  Almal klap hande vir Pietman se mooi prentjie en Pietman, ja arme Pietman … ‘n stukkie van sy potensiaal is in die kiem gesmoor.

Regte kreatiwiteit word nie gevind in sneeuman werkskaarte wat ‘n oulike tannie in Amerika uitgedink het nie.  Dit lê ook nie in die krokkodil wat gemaak word uit eierdosies nie … almal presies dieselfde … almal ewe verbeeldingloos.  Kreatiwiteit huil wanneer ons almal se huisies vierkantig is met ‘n driehoek dak en ‘n skoorsteen.

Nou waar loop dinge dan so lelik skeef?  Is dit dalk ons as ouers wat wit yskaste koop in afwagting vir mooi prentjies?  Is dat dalk al die “arts and crafts” webblaaie wat vir ons wys wat om met leë toiletrolletjies te maak?

Mayesky skryf in die boek “Creative activities for young children” :

Teachers of young children need to be grounded in the process over product philosophy.  The teacher’s observation of the process that leads to originality (exploration and experimentation with the materials) is more valuable than any judgement of the product.

Ek wil jou nooi.  Nee, ek wil jou uitdaag, om die kind in jou klas of huis toe te laat om hulle eie kreatiwiteit te ontdek en te ontgin.  Fokus op die proses!  En vergeet van die produk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: