Pak jou posisie kaarte uit op die tafel. Dit is die kaarte met eerste, tweede, derde ens daarop geskryf. Saam met dit kry die kind leë koppies (enige plastiese koppie sal doen) of bordjies en pennetjies. Kies ‘n lekker stywe wasgoedpennetjie sodat die handjie sommer hard moet werk om die pennetjie oop te druk.
By die kaart waarop eerste staan moet daar 1 pennetjie aan ‘n koppie geknyp word. By die tweede kaart moet daar 2 pennetjies vasgeknyp word. Hou so aan.
Onthou ook om die kind blootstelling te gee aan die posisiename. Laat hy of sy hardop sê dis eerste, of tweede ens.
Die knyp van die pennetjies is baie goed vir fyn motoriese ontwikkeling en boonop gebruik ons sommer beide handjies vir die aksie.
Leave a Reply