‘n Ouer vra

Hi,my dogtertjie is in Gr R.Ek het vandag haar rapport ontvang.Dit het oor algemeen goed gelyk,maar daar is sekere vaardighede wat steeds aandag kort.Soos “monkey bars”,sy is bang vir hoogtes,storie volgorde,analise en storie somme tot 10.Is daar enige raad of voorstelle hoe ek haar kan help

Ons antwoord graag :

Die sogenaamde monkey bars is belangrik om die skouers te oefen. Hierdie spesifieke spiere is betrokke by skryf. Oefen ook deur te kruiwa loop. ‘n Gewone klim en klouter se opklim en afklim kan ook help met hierdie skouers.

Die kind is bang vir hoogtes. Ek dink ons kort bietjie meer agtergrond inligting. Maar ek kan voorstel om geleidelik op voorwerpe te staan sodat sy selfvertroue kan kry. Klim op ‘n lae trappie en spring af, klim op die bed en spring af. Probeer nou op die tafel staan, maak seker jy is naby om haar veilig te laat voel. Ons spring nie van die tafel af nie, dis te hoog.

Storie volgorde. Jy kan hiermee help deur vir jou kind ‘n paar flitskaarte te gee. (Sien die foto hier onder) Maak nou ‘n lekker lawwe storie met die flitskaarte, skommel hulle, sy moet nou die storie vertel en hulle in dieselfde volgorde weer uitpak. Maak doodseker dat jou kind bekend is met die storie wat in volgorde gepak moet word (soos deur CAPS vereis moet die storie ‘n bekende storie wees en nie ‘n onbekende storie vertel nie).

Analise en die storiesomme. Ek sou voorstel dat julle baie fokus op patrone (kleur patrone wat die kind moet ryg ens.) Fokus ook op getalbegrip. Wanneer die kind sukkel met storiesomme is omdat die getalle nog nie behoorlik verstaan word nie.

Ek hoop dit help! Probeer gerus ons aanlyn werkswinkel bywoon sodra hy geloots word.

Groete Yolandi

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: