Whatsapp temas

Loer hier vir ‘n voorbeeld van ‘n hele week se boodskappe. Dit is ‘n goeie aanduiding van hoe ons whatsapp temas lyk.

Besluit gerus of dit vir jou die moeite werd gaan wees voor jy aansluit.

4 tot 6 jaar groep

Ons tema vir die week is skurwe reptiele

Dag 1

Reptiele het almal dieselfde eienskappe :

Hulle het skubbe (die hare nie)
Hulle velle is droog
Hulle lê meestal eiers (sommiges skenk lewendig geboorte)
Hulle het oorgate in plaas van uitsteek ore
Hulle het 4 bene OF geen bene
Hulle is koudbloedig

Gesels met jou kind oor elkeen van hierdie eienskappie.

Kom ons kyk nou na die woord reptiel. Dis darem maar ‘n snaakse woord! Kom ons klap die woord REP-TIEL in sy lettergrepe. Kom ons skryf hom op papier (jy skryf self die woord en alles is in klein letters!) watter klankie is eerste? Watter klankie is laaste?

(Jou 4 jarige hoef net te wys na eerste en laaste, teen 6 behoort hulle al hier en daar die klankies se name herken.)

Op hierdie manier oefen ons sommer posisie ook . (Eerste, laaste ens)

Dag 2

Gebruik nou jou woord “reptiel” soos in die foto hierbo. Pak 1 teller by elke klankie. Skryf sommer self die woorde en onthou alles is in kleinletters. Kies nóg woorde wat pas by reptiele (eiers, skubbe, slang, akkedis ens). Pak nou elke woord met tellers. Watter woord is die langste? Watter woord is die kortste?

ONTHOU dat ons altyd die vakke kombineer. Ons doen wiskunde (lank en kort en baie en min) saam met ons taalleer.

Dag 3

Vandag gaan ons papierbord slange maak! Die kind gebruik sy/haar vingertjie en maak groen kolle die hele bord vol. (Mamma/juffrou teken maar vooraf ‘n duidelike patroon om later op te knip). ONTHOU asb dat die kind werklik enige kleur kan gebruik.
Nou pak ons die bordjie in die son om droog te word en later gaan ons knip al op die lyne.

Die kind kan nou op sy/haar eie kreatiewe manier die ogies en tong opplak. Moet asb nie vooraf my prentjie wys nie, en moet asb nie die kind laat voel of daar ‘n reg of verkeerd is nie.

(In ‘n volgende nota gaan ek die vaardighede verbonde aan hierdie stasie bespreek EN die knip uitkoms)

In die bostaande leerstasie het ons tas sintuig sommer lekker hard gewerk (die verf op die vingertjie is baie erg vir sommige kinders). Ons fyn spiere het ook gewerk en ons moes boonop geduldig wag dat hierdie bord droog word.


ONTHOU vir ‘n kind om te kan knip is daar heelwat onderliggende vaardighede wat eers bemeester moet word. Hand oog koördinasie, fyn spiere moet sterk genoeg wees, beplanning, visuele geheue, diskriminasie, voorgrond agtergrond onderskeiding. As jou klein mensie/s dus nog sukkel met die sker, moenie daarop fokus om die sker greep verbeter nie, begin deur die onderliggende vaardighede op te skerp, dan kom die korrekte greep gewoonlik sommer maklik.

Dag 4

Begin deur ‘n groot tou op die grond te gooi wat die sig sag patroon maak. Die kind moet nou ‘n bal rol al op die tou. Kyk mooi na die skerp punte! Dis waar ons moet draai en in die ander rigting beweeg.
Probeer nou die sig sag patroon herhaal deur veters te gebruik op die tafel (jy kan die foto hier vir leiding gebruik).

Druk hierdie krokkodil (of soortgelyk) uit en probeer op die lyne knip. Ons maats wat nog leer van ‘n sker vashou kan met hulle vingers die lyne natrek. En vir die maats wat nog geen belangstelling in papierwerkies toon nie, word die aktiwiteit eenvoudig weggelaat.

In hierdie leerstasie werk ons in die korrekte volgorde. Ons begin kinesteties (die tou op die vloer), dan konkreet (die veter op die tafel) en ons sluit af met ‘n papier taak of ‘n semi-konkrete werkie.
Ons kry blootstelling aan hierdie voorskrifpatroon wat die voorloper is van klankies soos v en w.
ONTHOU dat hierdie aktiwiteite oor ‘n paar dae gedoen kan word en nie alles op 1 slag hoef te gebeur nie.

Ons gee ook aandag aan visueel-motoriese koördinasie, fyn motoriese ontwikkel en balans.

Dag 5

Knip vooraf slange uit karton, sowel as vorms. Begin nou op elke slang ‘n patroon plak : driehoek, driehoek, vierkant, sirkel, sirkel ens… Dan moet die kind die patroon uitbrei. Plak nou vorms totdat die slang se lyfie vol is.

Ons fokus hier is patroon uitbreiding en herkenning. Maar ons doen ook vorm en kleur herkenning. Ons oefen ook om te plak (dis nogal ‘n besonderse vaardigheid om die plak aksie te kan voltooi sonder gom die hele tafel vol).

Lyk dit vir jou sinvol?

Jy kan hier inskryf en betaal.

https://www.oasisclub.co.za/oasis-produkte/tema-idees-per-whatsapp

Koste beloop R150/6 maande se toegang. Jy ontvang elke werksdag 1 idee via whatsapp.

One thought on “Whatsapp temas

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: