
Hierdie oulike strooitjies het ek by Crazy Store gekoop in Pretoria. Hulle druk met rubbertjies in mekaar om allerhande kombinasies te vorm. In die klas het ons dit saam met inspuitings gegee. Ons maats het heerlike eksperimente uitgevoer met die pypies en die water.
Heelparty kere het die water op onverwagse plekke uitgeborrel!
Onthou dat wetenskap op onverwagse plekke geleer kan word in ons klein maats. Deur die eienskappe van water so speel-speel te leer ken lê ‘n stewige fondasie vir latere formele werk.

Leave a Reply