Werkswinkels 2020

Ons splinternuwe werkswinkel skop af in 2020.

Spring spring slim!

Ons wil graag soveel as moontlik onderwysers/ouers/assistente en hoofde die geleentheid bied om landswyd hierdie wonderlike kursus by te woon. Vir daardie rede is ons basisprys vir die werkswinkel laag. Jy kan dan ekstras byvoeg soos jy graag wil.

Let egter daarop dat jy ‘n N4 of hoër moet hê om te volg.

As jy ‘n ouer is, glo ons jy sal ook groot waarde put uit die werkswinkel (met geen kwalifikasie nodig), maar heel moontlik ook opvolg-opleiding by ons moet kry.

Ons bied aan in die taal van jou keuse (Afrikaans of Engels), maar dan moet daar genoeg betalende bywoners wees per taalgroep.

Vir enige werskwinkel-datum om te realiseer, moet daar dan ook genoeg betalende bywoners wees (elke geleentheid sal op eie meriete hanteer word).

Wat is die verskil tussen die “Graad R sonder Werkskaarte” werkswinkel en die “Spring spring slim”werkswinkel ?

  • “Spring spring slim” se fokus is op die kind se kognitiewe ontwikkelingsvlak, die dagprogram en die plek van leerstasies binne die program. Die leerstasies is ook almal splinternuut.
  • “Graad R sonder Werkskaarte” se fokus was perseptuele ontwikkeling en leerstasies.

Die “Spring spring slim” werkswinkel word aangebied deur Yolandi (Graad R sonder werkskaarte en direkteur van Oasis Club (Pty) Ltd). Sophie Breytenbach is betrokke by die opstel van die inhoud en het die handleiding geskryf. Sy sal ook sommige van die sessies self bywoon.

Die program is van 08h00 – 14h00 en kos R450.00 per bywoner.

As daar 5 of meer bywoners van dieselfde skool/instansie betaal en bywoon, is daar R50.00 afslag per bywoner.

Wat is die onderwerpe wat aangespreek word?

  • Die assesseringsproses (KABV gerig)
  • Die dagprogram
  • Buitespel en aktiwiteite wat daarmee saamgaan
  • Beplanning van leerstasies
  • Temas en tema beplanning
  • Lesbeplanning en voorbereiding
  • Praktiese aanbieding van ‘n tema
  • Die tema uitstalling
  • Praktiese riglyne vir kreatiewe werk (kuns)
  • Dissipline in jou klas
  • Leerstasie idees sowel as die assessering daarvan

Hier volg ‘n basiese program wat die dag van die werkswinkel gevolg gaan word. Let wel! Hierdie tye kan verander en moet asb op die whatsapp groep gevolg word. Hierdie whatsapp groep word geskep en betaalde deelnemers word op die groep gevoeg.

07h30 – 08h00 Registrasie en uitdeel van materiaal

08h00 – 10h00 Sessie 1

10h00 – 10h30 Tee/koffie

10h30 – 12h00 Sessie 2

12h00 – 12h30 Middagete

12h30 – 14h00 Sessie 3

14h00 – 15h00 Terugvoer en vrae

Ons is met trots ‘n goedgekeurde diensverskaffer geregistreer by SACE. Ons nommer is PR13486.

Hierdie werkswinkel is geakkrediteer met 10 SACE CPTD punte vir deelnemers wat reeds by SACE geregistreer is EN die eksamen slaag na afloop van die werkswinkel. (Daar is ‘n opsionele ekstra R120 koste hieraan verbonde)

ONTHOU : ons ken net jou punte aan jou toe en dien in by SACE. Jy moet steeds self bevestig dit word deur SACE by jou rekord gevoeg.

Hoe werk die kostes ?

Die werkswinkel kos R450/persoon en sluit in

  • die bywoning van die oggend se werkswinkel
  • ‘n bywoning sertifikaat
  • basiese lesingmateriaal (nie die hele werkswinkel se inhoud nie – daar is kopiereg op)
  • ‘n pen om notas mee te maak.

Hier onder volg ‘n lys van areas waar ons die werkswinkel aanbied (persele word nader aan die tyd bevestig).

Net onder dit is ‘n skakel na die besprekingsvorm :

Kliek gerus op hierdie sin om die inskrywingvorm te voltooi.

Wil jou skool of hoof graag al die informasie op ‘n pdf dokument hê ?
Kliek hierdie sin om so ‘n e-pos te ontvang

Is jy ‘n ouer en wil jy graag uitvind hoe ons werkswinkel jou gaan baat?

Kontak ons gerus by :

Yolandi 082-476-8000

Epos admin@oasisclub.co.za

11 thoughts on “Werkswinkels 2020

Add yours

  1. Stuur as Werkswinkel datums vir Desember of vroeg Januarie 2020 sowel as area waar dit aangebied haan word.

    Like

    1. Goeie middag Adele, ons is net in Potchefstroom vir die res van die jaar (dis al in Oktober). Jy is welkom om ons te kontak dat ons kan kyk waar ons jou kan akkommodeer. Groete Yolandi (admin@oasisclub.co.za)

      Like

  2. Hi there want to find ou more abour the workshop and if anyone that has done the teaching cause can join the workshop

    Like

  3. Hi daar ek woon in Paarl en wil graag werkswinkel bywoon maar sien enigste datum is 17 Oktober en ek sien nou eers advertensie …is daar miskien volgende jaar weer so n geleentheid?

    Like

    1. Goeie more Lucricia, hierdie datums is vir 2020. Ons is 17 Oktober 2020 in die Paarl. Hou solank die datum oop!

      Like

  4. Middag,
    Ek stel belang in die werkswinkel wat in Pretoria gaan plaasvind.
    Hou my asseblief op hoogte.
    Baie dankie
    Ria

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: