Die luister-area is ‘n area in jou klas/selfs in jou huis waar die kind kan gaan luister na sekere instrumente of musiek. Jy kan elke week die instrumente verander en dit kan selfs iets wees wat die kinders gemaak het (bv rys, koring en meel in geseëlde houers wat geskud kan word).
Kies liefs instrumente wat nie oorverdowende lawaai maak nie. Jou ore gaan nie konstante dromme kan uitstaan vir ‘n hele week nie!
Indien jy leerlinge in jou klas het wat in ‘n tweede taal moet leer, kan jy selfs ‘n CD speler daar neersit met oorfone en ‘n goeie kwaliteit storie in die taal waarin hulle moet leer. Plak sommer die volume knoppie toe met maskeerband sodat die lawaai in die ore nie skadelik of té hard is nie.
Leave a Reply