Leer deur speel

Sonja Jacobs het ons werkswinkel bygewoon in Richardsbaai. Sy is ‘n begeesterde onderwyseres wat betrokke is by ‘n skool vir outistiese kinders. Hier volg haar terugvoer na sy die beginsels begin toepas het :

Leer ..Speel..Speel! 
Sulke mooi woorde..maar oe..’Dis nie mos eintlik prakties moontlik nie’, se so baie! Mag ek verskil…
Ek is n gr. R onderwyseres by n outistiese skool. Ek het tot en met verlede jaar so 50 persent gespeel en tussendeur skriftelike werk gedoen. Die jaar, veral na ek die kursus – GRAAD R SONDER WERKKAARTE- gedoen het, het ons MEESTAL gespeel. Ons het nou eers in die vierde termyn, die skinkborde vol meel, room of sand neergesit, die werkkaarte begin naderhark en potlode vasgevat.  Die groot motoriese en fyn motoriese fondasie is gele, posture, vingerspiertjies is geoefen, sosiaal en emosioneel is hul ontwikkel – spontaan -spraak is aangewakker – ogies is op juffrou. Dit het als gebeur deur te konsentreer op SPEEL. Ek nog nooit in die sewe jaar wat ek vir die gr. R kinders (outisties) skoolgehou het, sulke vordering gesien nie! Selfs die spraakterapeut met wie ek nou saamwerk, is net so verbaas. 
Kom ons leer ons kinders, om te midde van n tegnologiese wereld, weer te SPEEL!!!!!!! HUL LEER RERIG BAIE MEER AS HUL DIT SPEEL-SPEEL DOEN! Dit KAN gedoen word. Vordering word selfs gesien in areas waar daar nie formeel aan gewerk was! Kom ons promofeer GR R SONDER WERKKAARTE by ALLE KLEUTERSKOLE, asook die fondasie fase van laerskole!!!
GR. R SONDER WERKKAARTE, julle ‘rock’!!!  Mag die Here julle oorvloedig seen! (Tot in die Onderwysdepartement se kantore…)

Sonja Jacobs, Remidiëre onderwyseres vanaf 1985

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: