Kleuter Kliek het begin as ‘n koerantjie (via epos) wat deelnemers 3 maal per maand ontvang het via epos. Die inligting wat ons graag met julle wou deel het sommer baie vinnig so baie geword dat die koerantjie se bladsye vinnig te veel was.
Ongelukkig het deelnemers die eposse aan ‘n verskeidenheid van vriende en kollegas gedeel en moes ons wagwoorde inspan om ons harde werk te probeer beskerm. Nou het deelnemers hulle wagwoorde verloor en moes ek dit weer opsoek en aanstuur. Deelnemers het ook eposse per ongeluk delete, en moes ek weer aanhangsels opsoek en uitstuur.
Die werk het eenvoudig té veel geraak vir die R50/maand fooi. Ons wou egter nie die fooi opstoot nie en moes ander planne beraam. Daarom is Kleuter Kliek nou aanlyn! Jy teken in met jou eposadres en wagwoord wat jy self kan kies. Jy het toegang tot al die artikels en jy kan self soek na woorde wat vir jou van belang is.
Elke artikel het ‘n tag om die soektog makliker te maak vir jou! Jy kan selfs jou vrae vra deur die maklike aanlyn vorm te voltooi.
Sukkel jy met jou lidmaatskap? Ons wil jou graag kontak (via ‘n telefoon oproep) en jou help. Maak seker jy sit voor jou rekenaar en het toegang tot die internet. Stuur vir ons jou selfoonnommer en ons bel jou graag.

Is this cur available in English?
Am I correct if I say that there is no files available for this cur?
LikeLike
Good afternoon Karen, Kleuter Kliek is only available in Afrikaans. It is not a curriculum. Kleuter Kliek is online ideas and information for teachers and parents. The focus is on concrete and kinesthetic learning. Our curriculum is something totally different than Kleuter Kliek. Also only in Afrikaans for the moment, we will start to translate it soon.
LikeLike