
Sand is hierdie wonderlike speelding waarvan ons kinders net nooit genoeg kry nie. Jy het nie allerhande groot en fancy areas nodig nie. ‘n Bak met sand is net so heerlik! Sandspel kan nogals ‘n morsige affêre raak so maak seker jy kan dit opvee na die tyd (of dis op ‘n plek waar die mors nie saakmaak nie).
Deel jou beskikbare sand speelgoed op in ‘n paar hopies, dan kan jy die speelgoed roteer en is die inhoud van die sandbak altyd nuut en opwindend. Hier is ‘n voorstel vir ‘n tipiese week waar sandspel ‘n aktiwiteit in jou program is :
- Maandag : Grafies en emmertjies
- Dinsdag : Vorms (die groot klei vorms werk heerlik)
- Woensdag : Niks, ons gaan net met ons hande vroetel
- Donderdag : Bakkies (leë houertjies van verskillende grootte)
- Vrydag : Bietjie water
Op hierdie manier kan jy elke dag jou sandspel deel van jou aktiwiteite aanbied sonder dat die aktiwiteit elke dag identies is. Maar nog belangriker, die kind raak nie moedeloos met al die opsies wat beskikbaar gestel word nie.
Leave a Reply