
Pak kegels in ‘n ry uit op die vloer. Jy kan dit op die grasperk doen, maar plaveisel of selfs in ‘n vertrek werk net so goed.
Die kind kry ‘n bal en hop en vang en hop en vang terwyl hy/sy deur die hoepels beweeg.
Hou nou die bal bo jou kop terwyl jy deur die hoepels beweeg. Probeer om agteruit te beweeg, beweeg soos ‘n krap kant toe terwyl jy die bal voor jou lyfie vashou
Probeer nou die bal saggies skop deur die kegels (dribble).
Hierdie oulike aktiwiteit fokus op visueel-motoriese koördinasie, balans en lateraliteit.
Leave a Reply