
Teken voorskrifpatrone op die plaveisel met bordkryt. Onthou om die patrone duidelike lyne te maak sodat die kind sommer mooi kan sien. Ons gaan nou loop op die lyne. Begin aan die linkerkant van die patroon en beweeg na regs.
Ons lees mos ook van links na regs, so ons oefen sommer waar is links en waar is regs. (Lateraliteit)
Jy kan ook met blokkies bou op die patroon van links na regs. Probeer agteruit loop op die patroon, probeer ook kant toe beweeg op die patroon.
Leave a Reply