
Pak jou groot vorms uit op die plaveisel of op enige lekker groot oop gedeelte wat jy het. Dit moet effeks beskut wees anders waai die wind die vorms weg en is dit ‘n frustrasie vir die kinders.
Ons kan nou sommer heelwat aktiwiteite op hierdie vorms uitvoer :
- loop al op die buitekante van die vorms (onthou om skerp te draai by elke hoek)
- staan buite die vorms en gooi boontjiesakkies in die vorms (as jy vorm boontjiesakkies het is dit ‘n besonderse lekker leerstasie!)
- pak klein plastiese vormpies in elke vorm (loop deur en pak al die driehoeke op die driehoek, vierkant op die vierkant ens)
- speel musiek. As die musiek speel is ons almal soos vliegtuie buite die vorms, sodra die musiek stop moet jy binne ‘n vorm gaan staan.
Ons fokus is op vorm konstantheid, groot motoriese ontwikkeling, posisie (binne en buite)
Leave a Reply