
Ek wil jou nooi om kinders toe te laat om hulle eie leer te skep. Ons is geneig om elke leerstasie en aktiwiteit tot in die fynste besonderhede te beplan sodat die leergeleenthede veby vlieg en ons dit nie eens raaksien nie.
Uitnodigende onderrig beteken jy gaan (as begeleier) al die kinders betrek en motiveer om deel te neem, maar dit beteken ook dat jy ondergeskik is aan die leerproses wat dan plaasvind.
Hierdie proses word deur die kind gedryf en nie deur die begeleier nie. Dit is dikwels agv ons eie mikrobestuur dat leerstasies uitloop op ‘n ramp (in ons oë) aangesien ons eie verwagting nie aan voldoen word nie.
Staan ‘n tree terug, hou behoorlik toesig, maar bewonder die “magic” wat plaasvind as die kinders hulle eie skeppende “stemme” ontdek.
Leave a Reply