Apparaat aankope

Apparaat is duur en maak nie saak hoe stewig nie, die kinders speel dit flenters in ‘n rekord tyd! Ons het ‘n verkorte lys gaan saamstel van apparaat wat jy benodig vir binnespel in die klaskamer. Dis ‘n baie handige lys om byderhand te hou as jy ‘n mamma ook is!

Onthou dat ons nie hier enigsins gesels oor buite apparaat nie. Maar met hierdie lysie gewapen sal jy die meeste van die leerstasies kan aanpak wat op Kleuter Kliek verskyn.

Basiese aangekoopte voorraad kan bestaan uit:

  • Goeters om te kan ryg soos krale, figuurtjies en items wat aan ʼn toutjie geryg kan word.
  • Goeters wat gestapel kan word soos stapelkoppies, artikels wat inmekaar pas.
  • Vorms wat die basiese vorms insluit soos driehoeke, sirkels, vierkante en reghoeke.
  • Syferkaarte wat syfers toon en prentjies saam met die syfer.
  • Alfabetkaarte wat hoof- en kleinletters toon met bypassende prente.
  • Goeters waarmee gebou kan word soos houtblokke, plastiekblokke en skuimrubber blokke.
  • Skoenveters van verskillende kleure en lengtes.
  • ʼn Nylon wasgoedlyn soos die soort wat kampeerders gebruik. Kry ook een wat soos ʼn wiel lyk met wasgoedpennetjies aan.
  • Wasgoedpennetjies in aantreklike kleure.
  • ʼn Paar musiekinstrumente soos klokkies, driehoekies en ʼn xilofoon.
  • Legkaarte wat pas by die ouderdomsgroep.
  • Koop verder enige apparaat aan wat bekostig kan word maar konsentreer op wiskunde speletjies, taalspeletjies en fyn-motoriese speletjies.

  • o Gemaakte apparaat kan bestaan uit:
  • Ryggoed gemaak van houtblokkies met gaatjies deurgeboor, noedels en skoenveters, toiletrolle met skie-tou (veral vir die jonger kind), enige ander voorwerp wat iewers ʼn gat het waardeur ʼn toutjie gesteek kan word.
  • Blikkies van verskillende groottes wat gestapel kan word en ook inmekaar pas, plastiek potjies met indraai deksels wat opmekaar kan staan maar ook inmekaar pas.
  • Houtblokke vir bou, kan uit enige grootte blok bestaan en kan verskillende lengtes hê. Kan afvalhout van meubels-maak wees. Vir kleiner kinders kan bokse – moet redelik sterk wees – styf vol papier gestop word, plak dan die deksel vas op die boks met kleeflint.
  • “Dowelstick” (stowwer stok) wat in verskillende lengtes gesaag word.
  • Prente en woordkaarte by die tema-aanbieding.
  • Plastiekborde middeldeur gesny om halfmane te vorm.
  • Weegskaal gemaak uit ʼn klerehanger – die plastieksoort – met twee emmertjies wat daaraan kan hang.
  • Gemaakte musiekinstrumente soos klokkies, rammelaars, tamboeryne, en tromme.

Natuurlik is hierdie lys nie naastenby volledig nie. Dis wel ‘n goeie begin. Wil jy nie vir ons jou idees in die kommentaar laat nie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: