
Die beste manier om te leer van bo en onder is om dit self te doen! Moenie net die plakkaat met die posisies teen jou muur ophang en dan daarvan vergeet nie. Laat die kinders dit met hulle hele lyfies beleef.
Klim op die tafel, kruip onder deur die stoel, staan links van die klimraam, stap regs verby die boom, gaan staan voor die sandpunt, gaan sit agter die groot klip.
By elkeen van hierdie posisies is daar boonop ‘n tweede werkwoord ook betrokke! Die kind moet sit, staan, kruip ens. Op hierdie manier oefen ons sommer ons ouditiewe vaardighede ook!
Leave a Reply