Aankope lyste

Daar is geen goue resep vir ‘n perfekte aankopelys in jou skool nie. Daar is baie verskillende faktore wat ‘n invloed gaan hê op die aankopelys in jou skool. Dalk besluit julle selfs om eerder ‘n ekstra geldjie te vra en alles self te koop. Daar is geen reg of verkeerd nie!

Wanneer jy egter hierdie lys opstel hou die volgende in gedagte :

  • Die area en inkomsteklas waar jou skool geleë is
  • Kan die ouers by winkels uitkom waar die items is wat jy wil aankoop
  • Die koste van die skoolgeld teenoor die aankopelys (as jou skoolfooi R800/maand is en jou aankopelys werk R2500 uit dan is dit buite proporsie)
  • Die nuttigheid van die items – maak doodseker dat die items op die lysie ouderdom gepas is en dat jy dit werklik gaan benut in jou klas
  • Die hoeveelheid van elke item – is dit regtig nodig vir 7 buisies gom? Hoeveel daarvan stuur jy aan die einde van die jaar dalk kliphard en ongebruik terug huis toe.

Verskaf opsies

  • Sommige ouers wil graag items self aankoop – gee ‘n lys huis toe hiervoor met duidelike instruksies.
  • Ouers kan ook ‘n eenmalige bedrag gee en koop daarmee hulle pakket aan (daar is verskeie instansies regoor die land wat hiermee help)
  • Jy kan ook op ‘n aanlyn platform jou skool registreer en die ouers kan self aanlyn die betaling maak en die pakkie by hulle huis laat aflewer of sommer direk by die skool.

Op jou lysie.

Hou die volgende items in gedagte wanneer jy hierdie lysie opstel. Onthou hierdie is net riglyne!

  • Skoonmaak middels : skottelgoedseep, handewasseep, toiletpapier, wet wipes, ontsmettingsmiddel ens
  • Eerstehulp : pleisters, anti septiese salfie, sonbrandroom, sneespapier
  • Morsige spel : pasta, meel, sout, skeerroom, haargel, boontjies, koring, sago
  • Skryfbehoeftes : A3 papier, A4 papier, sker, gom, verkryte, inkleur potlode

By my eie sentrum :

Ek het ‘n baie klein skooltjie in Pretoria en ons het ‘n paar dinge geleer die afgelope paar jaar wat ek graag deel.

  • Elke ouer verskaf ‘n groot boks gemerkte pleisters aan die begin van die jaar. Ek bêre die boks gemerk op ‘n rak. As jou kind se pleisters op is, moet jy self nuwes koop. Ons almal ken die maatjie wat vir elke sand korrel wat aan sy/haar toon raak huil vir ‘n pleistertjie…. hierdie pleisters werk soos ‘n droom vir daardie maat! Ek koop steeds goeie kwaliteit “second skin” waterdigte pleisters vir die regte seerplekke aan.
  • Ons ouers in die voorskoolse ouderdomme se lys bestaan hoofsaaklik uit items vir ons morsige aktiwiteite en bak en brou. Ons laat die ouers regdeur die jaar hierdie items aanvul soos nodig. Al die items kan maklik in enige supermark gekoop word en as almal bydrae kos dit nie ‘n hoop geld nie EN ons is nie suinig met ons sensoriese stasies nie.
  • Ons ouers help bou aan ons tema tafels en uitstallings. Elke ouer koop eenmaal per jaar ‘n item wat tema gerig is. Ons verskaf al ons temas. Hulle kan dan ‘n lewenssiklus (mens kry die oulikste plastiese siklusse deesdae!), legkaart, boek, plastiese diere, insekte of enige ander interessante item aankoop. Hierdie items word by ons tema voorbereidingsbokse gebêre en so groei ons tema uitstallings elke jaar!

Deel met ons JOU skool se raad! Ons wil graag julle idees bywerk by ons lys en so by mekaar leer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: