DOELSTELLINGS
Met uitgeligde aspekte van perseptuele waarmening, het ons ‘n paar algemene doelstellings en doelwitte saamgestel.
- Herkennig van regterhand/linkerhand.
- Vir bewuswording van die liggaam.
- Oriëntering t.o.v. ruimte.
- Relasie tussen voorwerpe en die kind self in die ruimte.
- Vir die bevordering van onderskeidingsvermoë.
- Om die numeriese begripsvermoë te bevorder.
- Geleentheid vir aandaggewing word geskep.
- Om aandagspan te verleng.
- Vir verbetering van konsentarasievermoë.
- Die kind se luistervermoë word bevorder.
- Ter bevordering van visuele persepsie.
- Vir die verbetering (bevordering) van ouditiewe persepsie.
- Geleentheid vir kleuronderskeiding.
- Aanleer of inskerping van ruimtelike begrippe soos voor, agter, binne, buite, onder, bo, langsaan.
- Vir die stimulering van vermoë van assosiasie.
- Bevordering van sosialisering deur beurt te moet afwag – een na die ander, een op ‘n keer.
- Bewuswording van sosiale orde (maatjie kry ook ‘n kans).
- Om die vermoë vir klassifikasie te inisieer.
- Om die kleuters geleentheid te gee om gebruik te maak van hulle vermoë.
- Om gewone dinge sowel as ongewone dinge om die kind te identifiseer en te benoem.
- Benoeming van voorwerpe wat onthou moes word (kort- sowel as lang termyn geheue).
- Die benoeming van teenoorgesteldes.
- Die benoeming van dieselfdes.
- Om deel van ‘n geheel te herken.
- Vir die onderskeiding tussen smake, reuke, klanke, ens.
Leave a Reply