Les 1
LESTIPE
Persepsie – gesig – diskriminasie
GROEP
Seniors
TEMA
Troeteldiere/Kleur
DOELSTELLINGS
- Om kleuters se visuele diskriminasie te bevorder.
- Taalontwikkeling – woordeskat en begripsvorming.
- Aanleer en inskerping van ruimtelike begrippe soos agter, voor, binne, buite, verhouding van voorwerpe tot mekaar en tot die individu.
APPARAAT
Drie bokse verskillende groottes. Drie voorwerpe bv. opgestopte diertjies of voorwerpe van verskillende kleure.
AANBIEDING
Plaas bokse in ‘n ry. Vra kinders hoeveel daar is, hoe verskil hulle – vormkonstantheid word beklemtoon. Gesels oor dele van boks – bokant, onderkant, binne-in, voorkant, agterkant, sykant. Gesels oor gebruik van die bokse.
Plaas speelgoed in verskillende posisies in verhouding tot bokse bv. voor, agter, bo-op, binne-in. Laat kleuters self plaas in posisies wat ander bevel.
KLEUTERDEELNAME
- Kleuters tel bokse, sê hoe hulle verskil, gesels oor nut.
- Sê waar die speelgoed geplaas is.
- Een kleuter sê die posisie terwyl ‘n ander dit doen.
- Kleuters neem in die groep waar en vorm begrippe en kry geleentheid om die feite individueel informeel weer te gee
Leave a Reply