Tema dis my liggaam

Hier volg ‘n paar idees om jou kreatiewe gedagtes aan die gang te sit rondom die tema dis my liggaam.

  • Die dele van my liggaam. Identifiseer al die dele van die liggaam. 
  • Ek kan hardloop, spring, rol, dans, skuif, bollemakiesie slaan en swem. 
  • Ek kan goeters vashou / aanmekaarsit, gooi, slaan en skop. 
  • Ek het spiere wat werk. Party spiere trek styf as ek iets optel/trek. 
  • In my borskas is my hart. Ek kan my hart voel klop wanneer ek my vinger op my pols sit. 
  • My longe is ook in my borskas. Ek blaas my asem uit en trek dit in. Ek kan nie self ophou asem haal nie.  
  • My maag sit net so onder my ribbes. My keel loop daarheen en as ek sluk dan kan ek voel hoe die kos daarin beweeg.  
  • As my maag klaar al die vitamines en ander goeie goed vir my liggaam uit die kos uitgehaal het, beweeg al die afval in my derms na my groot derm toe. Dis my kolon. Dis sy werk om my te vertel  wanneer ek toilet toe moet gaan om al die afval in die toilet te los. Dis hoekom ek die toilet moet spoel..  
  • My hele liggaam is vol pypies wat are genoem word. Dis in hulle wat my bloed vloei. Die bloed dra suurstof van my longe af na my hele liggaam toe en vat die koolsuurgas – wat my liggaam nie gebruik nie – terug na my longe toe. 
  •  My hart is die een wat al die bloed in my are laat aanhou vloei want hy pomp dit deur my are. 
  • My liggaam is ook vol draadjies wat senuwees genoem word. Hulle is eintlik boodskapdraers want wanneer ek geluide hoor, dinge sien, smake proe, reuke ruik en aan goeters vat, dan dra hulle boodskappe na my brein toe en my brein laat my dink. 
  • In my kop is my brein wat my hele kop vol is. Hiermee dink ek. Wanneer die senuwees allerhande boodskappe na my brein toe aandra, dan dink ek met my brein en verstaan ek daardie boodskappe wat die senuwees vir my brein bring. 
  • My brein hou baie daarvan as ek goeters doen wat my spiere laat werk want dan laat dit die senuweedraadjies baie boodskappe aandra na my brein toe en ek kan baie goed dink. 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: