Bordkryt

Om bordkryt in jou kreatiewe werk in te skakel met die tema EK IN DIE SKOOL is ‘n oulike idee. Juffrou skryf immers met bordkryt en vandag gaan ek daarmee mag eksperimenteer en teken.

WENK : Draai maskeerband aan die agterkant van die bordkryt. Dit keer dat die kryt poeier afgee op die kleuter se hande.

Droë kryt :

  • Bied dit aan saam met verskeie agtergronde (een op ‘n keer) soos die swartbord, swart skuurpapier, riffelpapier, papiersakke of vooraf geverfde papier.
  • Gebruik die bordkryt op die sykante vir afvryfprente of reënboogeffekte. Om bordkryttekeninge te bewaar kan dit met haarsproei oorgespuit word.

Nat kryt :

Jou ouer maats kan die bordkryt in karringmelk of suikerwater doop voordat hulle daarmee begin teken (een deel suiker of vier dele water). Hou hierdie kryte apart, aangesien die water dit vir droë gebruik bederf.

Nat papier :

Gebruik stewige papier of dun karton hiervoor. Maak dit nat dmv ‘n klam doek, vinnige indompeling in water of deur 2 of 3 eetlepels karringmelk oor die papier te verf.

Teken nou met droë kryte hierop. ‘n Papierbord werk baie goed vir hierdie doel!

Onthou om ons tema EK IN DIE SKOOL hier te bestel teen R150 vir die volledige tema : https://forms.gle/DCQmRfBcmcr4VKQ76

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: