Lesbeplanning of tronk?

[metaslider id=2449 cssclass=””]

Hierdie tyd van die jaar gons die sosiale media blaaie behoorlik! Almal is opsoek na lesse, assesserings en voorbereiding. Enige iets wat help dat ek verseker weet ek behandel al die werk met die kinders, hulle leer teen die regte tempo, alles is op tyd klaar, die kunswerkies is oulik genoeg om teen stralende ouers se yskaste op te plak… ag die lys is lank.

Natuurlik is daar geen skande of kwaad daarin om hierdie beplanning aan te koop nie, ook nie as jy alles self doen nie! Onthou egter die goue draad : Die kinders in jou klas moet te alle tye belangriker as die kurrikulum wees.

Moenie dat jou lesbeplanning so rigiede gedoente raak dat dit jou vasbind soos ‘n tronk nie. Die voorbereiding moet jou help, lei en idees gee. Dit moet jou hande sterk maak en nie vasmaak nie!

  • Maak seker jou beplanning kan die kinders se natuurlike nuuskierigheid en kreatiwiteit akkommodeer sonder dat jy benoud raak omdat julle “agter raak”.
  • Gebruik apparaat wat jy reeds tot jou beskikking het. Om vir elke nuwe les nuwe gespesialiseerde apparaat dit moet aankoop is duur en dikwels onnodig.
  • Jy moet die beplanning kan aanpas om die kinders in jou klas se vlak van ontwikkeling.
  • Die beplanning moet jou grootte klas in gedagte hou. ‘n Juffrou met net 10 kinders in haar klas het ‘n ander behoefte as die juffrou met 25. ‘n Mamma met haar eie kinders se behoefte is weer heelwat anders as die ander 2.
  • Maak seker dat die lesbeplanning nie die kinders forseer om formeel op stoele te sit en papierwerk te voltooi nie. Ons klein maats móét beweeg terwyl hulle leer en met konkrete apparaat werk.

Daar is nie iets soos ‘n “one size fits all” in beplanning en voorbereiding nie! Druk jou stempel af op jou beplanning. Pas die inhoud aan, gebruik dit in jou klas, pas dan weer aan…. Die wenresep lê buitendien nie in die program nie, maar in die verhouding, die interaksie en die meelewendheid van die opvoeder en die kind!

One thought on “Lesbeplanning of tronk?

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: