Harrismith werkswinkel

[metaslider id=2449 cssclass=””]

Ek is verskriklik opgewonde om in Harrismith ons besonderse werkswinkel te kan aanbied!

Dankie aan Lu van Harrismith Primêre skool vir jou hulp met die reëlings. Met raakvat juffrouens soos jy staan ons kinders ‘n goeie kans om die lewe as volwaardige skoolgereed maats in te gaan.

Wie sal almal baatvind by hierdie werkswinkel?

Ouers van kinders tussen 2 en 9 jaar oud. Onderwyseresse wat hierdie ouderdom kind in haar klas het. Terapeute wat fokus op perseptueel motoriese uitvalle.

Watter onderwerpe word aangespreek?

Ons fokus op die volgende onderwerpe :

  • Perseptueel motoriese ontwikkeling
  • Die rol van spel in die kind se leefwêreld
  • Leerstasies en jou dagbeplanning
  • Die kognitiewe ontwikkeling van die kind in jou klas
  • Praktiese demonstrasies wat jou bemagtig om jou kind te leer deur beweging
  • Ons idees voldoen aan die CAPS uitkomste

Is julle geakrediteer?

Ons is ‘n geregistreerde SACE diensverskaffer en jou sertifikaat sal die SACE logo ophê. Hierdie kursus is geakkrediteer vir 10 SACE CPTD punte (daar is ‘n koste van R120 verbonde om die eksamen af te lê).

Wie is die aanbieder?

Die werkswinkel word deur Yolandi van den Heever aangebied. Sy is die stigter van die maatskappy Oasis Club en die bladsy Graad R sonder werkskaarte bevat al haar idees en raad. Sy is skoolhoof by haar eie privaatskool waar passievolle personeel kinders in die grondslagfase leer deur beweging.

Wat is die reëlings vir die dag?

Datum : 15 Februarie 2020

Tyd : 08h00 tot 15h00

Koste : R450/persoon

Perseel : Harrismith primêre skool

Waar kan ek plek bespreek?

Druk op HIERDIE sinnetjie om jou na inskrywingsvorm te neem.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: