Skryf ‘n verskeidenheid van woorde op stukkies papier. Die woorde bevat almal die klankie waarmee julle hierdie week werk. Dit hoef nie noodwendig ‘n klankie in die begin van die woord te wees nie, maar kan ook binne in die woord voorkom. Trek nou in elke woord die klankie na met ‘n GROEN potlood. Daar moet so 2 of 3 woorde in die groep wees waarin die klankie nie voorkom nie. (Op hierdie manier leer ons differensieër en diskrimineer).
As jou klankie bv i is, kan jy aan die volgende woorde dink : ink, is, dit, dis, interessant, vind, lint, kind ens. Moenie wegskram van lang woorde nie! Ons kinders moet klanke leer in konteks. Nie net in die middel tussen 2 ander klanke nie.
Hierdie aktiwiteit is vir die KLEIN outjies ook. Hulle gaan ipv die klankie natrek ‘n groen teller daarop sit. Maak ‘n groot klankie en vra by elke klankie vir die kind of dit pas by die klankie in die woord (soek die maatjie).

Leave a Reply