Wiskunde en taal

Wiskunde en taal is onlosmaaklik deel van mekaar. In die grondslagfase bied ons hierdie vakke (tesame met lewensvaardighede) as ‘n geheel aan. Alhoewel ‘n leerstasie dalk fokus op 1 van die areas, word die ander 2 altyd betrek.

Hier volg ‘n aktiwiteit om met ‘n groep kinders aan te pak (jy kan dit ook 1 tot 1 in jou eie huis aanbied)

Elke kind het 4 blokke gekry.

  • Pak nou die 4 blokkies mooi langs mekaar. Kom ons tel van links na regs, kom ons tel ook van regs na links.
  • Pak nou die blokkies op enige snaakse manier. Kom ons tel weer. Is dit nogsteeds 4? Of het dit nou meer geword? Dis nogsteeds 4, al is dit anders gepak bly dit 4.
  • Kom ons speel dat hierdie blokkies roomys is. Oom Jan kom kuier en eet een op. (Vat een weg). Hoeveel roomyse bly oor?
  • Gulsige Sarel kom kuier en eet sommer 2 roomyse. Hoeveel het ons nou oor?
  • My eie magie grom ook vir roomys en ek eet 1 roomys. Hoeveel roomys is nou oor? Niks!? Ons noem dit ook nul.
  • Ouma kom kuier en sien al my roomys is op en gee vir my 4 roomyse, hoeveel roomys het ek nou weer?

Wat leer ons maats?

  • ‘n Groep voorwerpe se aantal verander nie as die groepering daarvan verander nie.
  • Opeenvolging
  • Getalbegrip
  • Waarde van 0
  • Basiese optel en aftrek

Kan jy sien hoe baie taal in hierdie aktiwiteit ingespan is? Jou taak as opvoeder is om die kind te begelei om by die oplossing uit te kom, en seker te maak dat die kind logiese denke en probleemoplossing gebruik om daarby uit te kom.

(Dankie Juffrou Bea van Wakker Akkers sentrum vir Meelewende Onderrig vir jou lekker leerstasie idee!)

4 thoughts on “Wiskunde en taal

Add yours

  1. Dit lyk en klink wonderlik en ek kan sien dat die kinders so baie uit hierdie een aktiwiteiet leer, laat my dink aan my Sub A Juffrou wat ons wiskunde geleer het wat altyd gepaard gegaan het met ‘n storie. Dankie hiervoor

    Like

    1. Baie dankie vir die terugvoer! Dit bly voorwaar die heel lekkerste en beste manier om hierdie vaardighede vas te lê.

      Like

  2. Baie dankie vir die awesome idees vir in jou klas. Is daar nie dalk idess vir ons hoe om verskillende leerstasies (Groep Werk terselfdertyd ) te bemeester nie .My klas GraadR het 41 maats in help asb

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: