[metaslider id=2449 cssclass=””]

Pak jou houtsyfers uit op die tafel. Die volgorde van hierdie syfers is nie vanaf klein na groot nie. Aan die ander kant is daar wolkies / water spatsels gepak. (Jy kan natuurlik enige ander prentjies daar pak!)
Bou nou met klippies ‘n paadjie vanaf die syfer wat pas by die regte hoeveelheid prentjies aan die ander kant.
Indien jou maats nog jonk is, kan die syfers net tot by 3 of 4 strek. Hoe ouers ons maats hoe hoër kan die syfers gaan. Onthou dat ons net tot by 10 werk in graad R.
Leave a Reply