Elanza Malan vra vanoggend : “Hoe kan ek simmetrie assesseer sonder ‘n werkskaart?”
Hier is ‘n idee!
Pak blokke uit op die tafel (loer na die eerste foto hieronder), die kind moet nou die ander kant van die patroon bou. Onthou om op die kleur van die blok, die vorm van die blok sowel as die rigting te fokus.
Hierdie fotos is sommer vinnig op my lessenaar afgeneem. Ek sal voorstel om ‘n duidelike as (lyn) te trek waarlangs jou patroon gepak word.
Onthou dat ‘n kind die volgende vaardighede moet bemeester om ‘n simmetriese patroon te kan herken en pak :
- Posisie in die ruimte
- Rigting
- Kleur herkenning
- Vorm herkenning
- Lateraliteit
As jy sien die kind in jou klas sukkel nog erg, gaan eers terug na die bogenoemde vaardighede. Werk nog daaraan en probeer dan weer.
Ek Hou baie van hier die idee
LikeLike
Baie dankie vir jou terugvoer Renie!
LikeLike