Maak minder

Ons maats sukkel om minder te maak. Later noem ons dit minus of aftrek. Ek wonder tog hoekom is dit so? Dalk (ag en dis sommer my teorie) is dit omdat ons so baie tyd spandeer om die opeenvolging en opwaarts tel se getalle vas te lê dat die minder maak agterweë bly. Dalk is die rede dat getalbegrip nie behoorlik vasgelê word en dan is minder maak maar ‘n moeilike ding. Wat ookal die rede, ons wil graag ‘n idee of 2 hiervoor gee.

Het jy al ons volledige assesseringpakket aangekoop? Gaan loer hier.

Pak jou syferkaarte uit wat die minus of minder maak som verteenwoordig. Die som in die foto is 5 – 3 = Onder die syferkaarte is daar bakkies. Die kind gooi nou 5 tellers in die eerste bakkie, haal nou 3 tellers uit die eerste bakkie en gooi dit in die tweede bakkie. Hoeveel bly nou oor in die eerste bakkie? Daar bly 2 oor en dis jou antwoord. Gaan soek nou die syferkaart met die 2 op.

Hoekom doen ek dit so? Op hierdie manier kan die kind die volgende raaksien :

  • Ons eerste bakkie (syfer) het die heel meeste in (of die grootste syfer waarde)
  • Ons tweede bakkie word gevat UIT die eerste bakkie (dit word dus weggevat uit die eerste syfer)
  • Dit wat dan oorbly in die bakkie, is jou antwoord.

Laat weet gerus of hierdie julle maats gehelp het! Stuur ook julle eie idees vir minus en aftrek aan ons by admin@oasisclub.co.za OF los jou idees in die kommentaar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: