Hierdie seminaar was ‘n groot sukses! Lees hieronder vir terugvoer.
Baie praktiese idees en relevante onderwerpe. Baie dankie! Wens alle kleuterskooljuffrouens kon dit hoor.
Dit was puik gewees, geen klagtes en geen voorstelle, ek was mal daaroor, baie baie dankie. So ook dat julle ons werkende mamma’s geakommodeer het met ons kiddies by die huis.
Wie is ons sprekers?
Yolandi van den Heever – skepper en eienaar van Graad R sonder werkskaarte
Sophie Breytenbach – klein kinder onderrig kenner
Anisje van Kaam-Oberholster – gekwalifiseerde prokureur
Waaroor gaan elkeen gesels?
Yolandi – Haar onderwerp fokus op assessering van konkrete leerstasies. Formele en informele assessering, die 7 punt skaal… hoe pas ek dit toe?
Sophie – Sy gesels oor kreatiwiteit in die voorskoolse jare. Hoe ontsluit ek kreatiwiteit by die kleuters in my klas.
Anisje – Kom ons gesels oor kameras in my klas, konfidensialiteit in gesprekke met ouers, wanneer is ek bekommerd en wanneer is dit skinder?, mag ouers aandring om beeld materiaal te sien, wat moet ek in plek hê om my personeel in die werkplek te mag afneem?, indien ek nie kameras het nie, wat moet in plek wees om die kinders te beveilig?
Die koste, tyd en medium van aanbieding
Datum en tyd : ENIGE TYD!!!
Koste : R90/persoon
Medium van aanbieding : Die aanbieding is beskikbaar op ons aanlyn leerportaal http://www.leer.oasisclub.co.za waar jy na ‘n video gaan kyk, die power point aanbieding kan uitdruk, sowel as jou sertifkaat kan kry.
Wat het jy nodig? : ‘n Selfoon of rekenaar met internet toegang (600Mb data min of meer)
Wie sal baat vind hierby?
Onderwyseresse, ouers, skoolhoofde en skooleienaars.
Wil jy eers kyk watter ander seminare ons beskikbaar het voor jy besluit?
Hier is ons volledige reeks seminare:
- Seminaar 1 (assessering, kreatiwiteit, klaskamer-kameras) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 2 (leerstasies) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 3 (jou dagprogram) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 4 (raad met die kontrakte in jou skool) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 5 (hoe om jou skool en personeel te beskerm) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 7 (die pad na geletterdheid) – meer detail oor inhoud hier
- Seminaar 8 (perseptuele ontwikkeling tydens Covid-19) – meer detail oor die inhoud hier
As jy 4 of meer seminare gelyktydig voor bespreek en betaal, is daar R10.00 afslag per seminaar.
As jy al 8 seminare bywoon, is daar R15.00 afslag per seminaar.
Skryf jou skool se personeel in vir groepsafslag – kontak ons by admin@oasisclub.co.za
Is jy gereed om in te skryf?
Om jou plek te bespreek en te betaal, kliek HIER
Kan ek EFT ook?
LikeLike
Dankie baie vir die geleentheid..
LikeLike
Stuur asb die bankbesonderhede vir EFT
LikeLike
Goeienaand,
Kan jul vir my asb die bankbesonderhede aanstuur vir EFT betaling vir:
Kleuter seminaar 1 en Kleuter seminaar 2 asseblief.
Baie dankie
Anet von Benecke
LikeLike
Wil graag bespreek en betaal met EFT
LikeLike